kategorieë: Blogs

Met room

Soms raak ek rêrig suur vir myself. Denkpatrone wat ek wie weet waar opgetel het, neem op die mees ongeleë tye van my besit en bederf ’n wonderlik eenmalige oomblik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Soos ’n week of twee terug, toe ek die geurigste cappuccino in ’n rustige hoekie op ’n lughawe in Brasilië sit en drink. Let wel: ek reis nie so dikwels dat ek hierdie sinnetjie nonchalant kan sê nie. Dis met die allergrootste selfbeheersing dat ek my daarvan weerhou om te skryf: “In Brasilië!!!”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Nietemin. Daardie koppie koffie het my sowat R60 uit die sak gejaag, en dit was lank nie die enigste een teen daardie prys op daardie trip nie. Dus het my binnegesprek min of meer so gelui:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Mmmm, ek is mál oor die skuim (slurpgeluidjies.)

Waarop die denkpatroon dadelik ’n teenaanval geloods het met: O, regtig? Dink jy miskien jy verdíén so ’n buitensporige luukse, boonop een wat jy met toe oë sit en geniet?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maar – ek is al lankal lus vir cappuccino, en die Brasilianers is bekend vir hulle koffie, en …

Fronsende denkpatroon: Die feit dat jy jou op ’n ander kontinent bevind, beteken nie jy kan alle finansiële verantwoordbaarheid in die wind slaan nie. Hoe gaan jy jou begroting laat klop wanneer jy terug is in Suid-Afrika? Hierdie dure cappuccino’s is al klaar ’n gewoonte. Het jy enige idee waar dit kan eindig?

Skielik het die laaste slukkie koffie in die koppie my sterk aan die kleur van bankrotskap herinner. Dit het my aandag so gevange geneem dat ek blind en doof was vir die verskeidenheid mense en tale by die ander tafeltjies – onbewus van ’n ryk, onherhaalbare oomblik.

“When fear speaks, it’s always wrong,” lui vandag se “Note from the Universe” van die Amerikaanse spreker Mike Dooley in my Inbox. Ek dink ek moet dié woorde op ’n regte juffrou-liniaal plak. Sodra daardie denkpatroon dit waag om weer sy kop uit te steek, gaan ek hom onmiddellik daarmee klits.

Ek het klaar besluit. Van nou af is dit cappuccino met geklopte room, en as ek enigsins ’n sê het, moet die drinkervaring sensueel en sonder haas wees. En onder die heel laaste slukkie moet ’n gesmelte sjokolade-sirkeltjie op die bodem vir my lê en wag.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

8 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.