Mexikaanse tacos
Mexikaanse tacos
Serves: 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 1 ui, geskil en oorlangs in repe gesny
- 1 rooi soetrissie, in repies gesny - pitjies en wit vliesies verwyder
- 30 ml olyfolie
- 200-250 g oorskiethoender, in repies gesny
- 15 ml fyn gekapte knoffel
- 5 ml fyn gekapte brandrissie
- 10 ml paprika
- 10 ml fyn gemaalde komyn
- 10 ml rooipeper
- sout
- ¼ pers kool en ¼ groen kool, dun gesny
- 8 Mexikaanse tacos of tortillas
- Salsa
- 1 avokado, geskil en in blokke gesny
- uitgedrukte sap van 1 lemmetjie of ’n ½ suurlemoen
- 1 rooi ui, geskil en in klein blokkies gesny
- 1 gaar soetmielie, die pitte van die stronk afgesny
- ’n handjie vol vars koljanderblare, gekap
- sout
Instructions
1 Braai die ui, rissie en knoffel oor matige hitte in die verhitte olyfolie tot sag en voeg die hoender, paprika, komyn en rooipeper by. Roer deur, geur met sout en braai vir 2-3 min.
2 Meng intussen al die bestanddele vir die salsa en geur met sout.
Bou die tacos:
3 Vul elkeen met ’n lagie van die kool, gevolg deur die hoender-en-soetrissie-mengsel.
4 Skep laastens ’n paar skeppies van die salsa bo-op en sit voor.
Lees ook:
Rooi Rose
Lees Meer
Beste gesmelte kaasbroodjies
12/09/2024
Sjoko-Franse roosterbrood
11/09/2024