kategorieë: Tuinmaak

Maak tuin met min geld en min moeite

Verdeel agapante – binne ’n ommesientjie kan jy plate skouspelagtige blomme in jou tuin hê (hooffoto).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Skerms en kleur

Daar is goedkoper maniere as ’n muur as jy vinnig privaatheid wil bewerkstellig, of jou tuin teen die wind wil beskerm. Gebruik houtsparre (wat jy vir ’n appel en ’n ei by ’n saagmeule kan kry) of sinkplaat. Die sinkplaat kan jy helder verf vir ekstra kleur heeljaar deur. Saadmengsels soos die Scatterpack is ’n goedkoop manier om binne ’n paar weke ’n kleurryke prentjie te skep. Loofplante met verskillende kleure blare sorg sommer heeljaar vir ’n kleurryke kol in die tuin. Pennisetum rubra of kanna en Iresine is ou staatmakers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vermeerder met saad, steggies en verdeling. Dis ’n goedkoop manier om jou tuin vinnig toe te plant.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sommige saad (soos proteasaad) moet eers behandel word voordat jy dit plant. Dis heel maklik om talle eenjariges self te kweek. Jy moet dit net op die regte tyd streng volgens die aanwysings op die pakkie saai en binne ’n paar weke kan jy jou handewerk geniet. Onthou om die saad die eerste paar dae goed klam te hou anders gaan die ontkiemende sade doodbrand. Baie meerjariges soos gousblomme en rudbeckia kan bloot uitgehaal en opgedeel word. Met plakkies en Crassula breek jy ’n stuk af en druk dit in die grond. Party plante het ongelukkig planttelersregte en mag nie sonder meer net vermeerder word nie. Wees maar op die uitkyk daarna op etikette in kwekerye. Plectranthus ‘Mona Lavender’ is een so ’n plant.

Verdeel agapante en ander plante met ’n soortgelyke groeiwyse deur twee tuinvurke rug aan rug in die pol te steek en dan die handvatsels weg van mekaar te trek, anders gaan jy die plante beskadig as jy dit bloot uitmekaar probeer rem. Binne ’n ommesientjie kan jy dan plate skouspelag-tige blomme in jou tuin hê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ou houers

Herbruik ou houers wat rondstaan, of gaan snuffel by rommelwinkels vir goedkoop ou potjies. Monteer dit in ’n ou vensterraam vir ’n vrolike muurversiering, of stal dit op ’n rak uit wat jy van ou laaiborde aanmekaar kan slaan. Gebruik geharde plante soos tiemie, malvas of vetplante (Crassula, Sedum en Kalanchoe werk goed) as die houers aan die klein kant is.

Spaar water

Sit ’n bad buite en vang die water op in ’n houer onder die uitlaat. Gebruik dit om die tuin water te gee. Pelargonium is altyd ’n wenner vir potte in die tuin en het min water nodig. Vetplante is nie almal harde, stekelrige kaktusse nie. Jy kan ’n heel waterslimtuin maak deur net ’n bietjie rond te kyk en steggies te bedel!

Daar is deesdae die wonderlikste verskeidenheid grasse beskikbaar wat heeljaar ’n sagte effek skep. Dis boonop so mooi wanneer dit natgedou is, of die wind daardeur waai.

Lees ook: Tuinmaak in die winter

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

22 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.