1. Dippies
- Plaas jou hande skouerbreedte uitmekaar op ’n stewige bankie of trap.
- Skuif jou boude af van die voorkant van die bankie en strek jou bene voor jou uit.
- Buig jou elmboë tot 90 grade en laat sak jou boude tot by die grond terwyl jy jou rug naby die bankie hou.
- Keer terug na die beginposisie en herhaal.

2. Opstote
- Balanseer op jou hande en tone, met jou rug reguit en boude ingetrek.
- Laat sak jou bolyf na die grond en hou jou elmboë gebuig.
- Druk jouself op tot in die beginposisie en herhaal (vir ’n makliker afwisseling, balanseer op jou knieë).
Lees ook: Oefen jouself jonger
3. Biseps-krulle
- Gebruik jou waterbottel as ’n kamma gewig.
- Staan met jou bene skouerbreedte uitmekaar en arms aan jou sye.
- Buig jou elmboog en lig die waterbottel na jou skouer.
- Laat sak jou arm na jou heup en herhaal. Doen nou die ander arm.

4. Diamant-opstote
- Balanseer op jou hande en tone, met jou rug reguit en boude ingetrek.
- Vorm ’n diamant op die grond deur jou hande se wysvingers en duime aan mekaar te laat raak.
- Laat sak jou bolyf na die grond en hou jou elmboë gebuig.
- Druk jouself op tot die beginposisie en herhaal. (Vir ’n makliker aanpassing, balanseer op jou knieë.)
Lees ook: ‘Plank’: Die een oefening wat almal elke dag moet doen

5. Lug-boks
- Staan met jou bene skouerbreedte uitmekaar met jou gebalde vuiste voor jou bors.
- Boks reguit in die lug, hou jou polse in lyn met jou skouers. Doen dit so vinnig as wat jy kan.
- Wissel jou arms.

Lees ook: Oefen vir ferm boude


