Jy kry verskillende soorte tandvlekke – kyk die lys deur en besluit waar jou tandvlek inpas – en wat die beste oplossing is. Die vlekke word so geklassifiseer:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }1 Oppervlakkige vlekke
Dié soort vlekke lê bo-op jou tandemalje, en word veral veroorsaak deur sterk koffie, rooiwyn en rook.
Skadelik of nie?
Hierdie tandvlekke maak jou dalk te selfbewus om spontaan te glimlag maar eintlik is hulle onskadelik.
Hoe verwyder ek hulle?
As hulle jou pla kan jy hulle laat verwyder met bleiking of deur sommer net jou tande gereeld en baie goed te borsel met tandepastas wat aandui dat hulle tande witter maak. Hierdie tandepastas is grower, en skuur die tandoppervlak.
2 Vlekke binne-in die tand
Die tweede soort vlek of verkleuring gebeur binne jou tand, meestal weens tandbeserings, soos ‘n harde slag teen jou tande, wat die tandpulp beskadig en selfs interne tandbloeding kan veroorsaak. Sekere antibiotika – spesifiek die tetrasikliene – kan jou tandemalje laat vergeel. En as jy in die fluoriedryke Karoo groot geword het is jou tand waarskynlik geel weens ‘n hoë persentasie fluoried in jou tande.
Skadelik of nie?
Dit dui gewoonlik op tandskade – skade wat dikwels reeds te ver gegaan het. Laat jou tandarts kyk en die regte oplossing aanbeveel.
Hoe verwyder ek dit?
• Bleiking sal nie hiervoor help nie. Jou tandarts kan dit met ‘n kroon, veneer of ‘n implantaat regstel
3 Kombinasie-vlekking
Die derde soort tandvlekke ontstaan weens ‘n kombinasie van binne- en buitevlekke wat oor jare opbou, en pla mense meestal eers na vyftig.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.