kategorieë: DieetGesondheid

Aarbeie, tamaties, rissies: goed vir jou hart

Aarbeie
Hierdie heerlike, hartvormige bessies is ’n goeie bron van vitamien C, vesel en foliensuur en is ook propvol antioksidante wat jou teen hartsiektes en kanker kan beskerm. Strooi strooisuiker oor aarbeie en laat lê in ’n bietjie vonkelwyn, soetwyn of balsemiekasyn en sit voor met ’n skeppie mascarponekaas. Of voer hulle een-een vir jou geliefde.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Tamaties
Tamaties is ’n bron van vitamien A, B, C en yster. Die likopeen wat in gaar tamaties voorkom, kan jou teen kanker en hartsiektes beskerm. Rooster kersietamaties met ’n bietjie olyfolie, growwe sout, peper en ’n paar vars tiemietakkies. Voeg by koeskoes, slaai of sit op toebroodjies. rissies Laat die liefde weer vlam.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Rissies
Rooi rissies bevat vitamien C en karoteen (provitamien A) en is ’n goeie bron van B-vitamiene, veral B6, magnesium en yster. Voeg vars gekapte brandrissie by olyfolie en drup oor pasta, roerbraai of pizza.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

1 day Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.