kategorieë: Dekor

’n Nuwe badkamer in 20 stappe

Hier is 20 nuttige voorstelle vir wanneer jy besluit om jou badkamer te vernuwe:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1. Vind ’n betroubare loodgieter met ’n geldige loodgieterskaart wat deur plaaslike owerhede goedgekeur is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2. Vra die loodgieter vir verwysings en kontak hulle.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3. Betaling moet onderhandel word. ’n Voorafbetaling van 30%, ’n verdere 30% halfpad deur die projek en die finale 40% slegs wanneer die werk voltooi en jy tevrede is met die eindproduk.

4. Dis ’n goeie idee om ten minste 10% by jou begroting te voeg vir onvoorsiene uitgawes wat later kan opduik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

5. Loodgieterswerk = wateronderbrekings. Dis belangrik om vroegtydig die nodige reëlings te tref.

6. Maak doodseker dat jou loodgieter verantwoordelik sal wees vir die verwydering van rommel.

7. As jou loodgieter jou probeer ompraat om nie ’n spesifieke produk te kies nie, is die kanse goed dat hy nie weet hoe om dit te installeer nie.

8. Alle vervaardigers van loodgieterswerk (met ’n goeie reputasie), stel tegniese ondersteuning beskikbaar. Laat jou loodgieter gebruik maak daarvan, aangesien dit ’n gratis diens is.

9. Wanneer jy loodgietersprodukte aankoop, maak seker dat onderdele beskikbaar is.

10. Bevestig met die verkoper wat alles deur die produk se waarborg gedek word (bv. foutwerking).

11. Waarborge dek gewoonlik nie slytasie soos verseëling of patrone nie. Dit is deel van jou eie onderhoud.

12. Beskerm jou loodgieterstoestelle en geiser. Vra jou loodgieter om ’n filtreerder te installeer.

13. Moenie enige koperpype buite jou huis blootstel nie, dit kan lei tot diefstal.

14. Wees bewus daarvan dat, al is produkte van verskillende handelsname soortgelyk aan mekaar, is hulle steeds verskillend. Moenie dat ’n verkoopspersoon jou flous met woorde soos: “Hierdie produk is dieselfde as daardie produk.”

15. Kies ’n dubbele spoelopsie vir jou toilet. Dit bespaar water en is meer higiënies.

16. Versteekte bakke kan tot 200mm spasie in jou badkamer bespaar, terwyl ’n muurtoilet ’n elegante en ruim gevoel skep. ’n Muurtoilet is ook meer higiënies aangesien jy dit onder en reg rondom kan skoonmaak.

17. Muurtoilette kan maklik deur jou huidige toilet vervang word, daarom is dit ’n ideale opsie.

18. Vloergelyke storte is ideaal aangesien dit die gevoel van ruimte skep en terselfdertyd ook ’n unieke, stylvolle voorkoms bied.

19. ’n Handstort in die bad of stort is nuttig en handig.

20. Betrek ’n argitek of binnehuisversierder (selfs al is jou projek én begroting klein), wat sal help om die spasie ten volle te benut en die regte atmosfeer te skep. Gebruik tekstuur, kleur en uitlegtegnieke om jou spasie ten volle te benut.

Besoek geberitsouthafrica.yellowpages.co.za/ vir idees.

Voor

Na

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

7 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.