kategorieë: Blogs

’n Nuwe dag

Die week begin agterstevoor. Maandag word ’n tweede Sondag, en Dinsdag word Maandag. Maar Dinsdag se Maandag is anders as ander Maandae. Want op die tweede Sondag (kophou, dis eintlik Maandag) het mense te veel dink- en sittyd en word Dinsdag (wat voel soos Maandag) se lysies vir doen, bel, skryf en sê dubbeld so lank.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daar’s te min tyd vir alles dié Dinsdag-Maandag en skielik spring als oor na Woensdag. Voor ek my oë uitvee is dit Vrydag, en loer daar weer ’n regte Maandag om die hoek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

My kop draai en sing. Die week se ritme is versteur, en myne ook. Ek vat en los, begin en stop. My kop wollerig, my hande dom en my voete? My voete sukkel om die week se ritme te vind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Desperaat probeer ek myself iewers langs dié rigtinglose stofpad anker en ek koop ’n pakkie sout slaptjips. Ek eet smaaklik, lek die sout een vinger op ’n slag van my hande af en voel hoe die kalmte oor my begin spoel. Ek kry rigting en teen Donderdag (ja, die week had darem ’n Donderdag) daag ek hopeloos-vroeg op om my kankersiek-vriendin finaal te groet.

Dis dáár, in die stilte van my grootwordkerk, wat ek probeer om Maandag, Dinsdag, Woensdag, Donderdag en Vrydag weer in ’n netjiese rytjie te rangskik. Saterdag en Sondag het nog altyd vir hulself gesorg, maar Maandag en Dinsdag spring steeds halsstarrig rond en swaai vermakerig hul onafgehandelde opdragte in die lug. Ek lek my lippe en proe wéér sout. Tranesout is anders as tjipssout, maar dit help ook. Dink ek en maak my handsak oop om ’n tissue te soek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Uit die hoek van my oog sien ek hoe sy nader skuif, ’n vreemde vrou. Alleen en blinkgepoets. “Kan ek ook asseblief een kry?” vra sy en kyk hoe ek die sagte pienk papier in my hand frommel. Ek gee woordeloos die pakkie tissues aan. “Vat soos jy nodig het,” fluister ek. “Dankie. My ritme is versteur,” sê sy.

Joune ook? Ek wil vra, maar moet keer of die volgende traan val op my skoot.

So sit ons en luister tranerig en ritmeloos hoe ander hulde bring aan die vrou wat uit die trouportret tussen die kerse vir ons kyk. Twee ure later stap ek en die vreemde vrou weer die wêreld in. “Dankie vir die tissues. My ritme is terug,” groet sy.

En vir die eerste keer die week weet ek weer watter dag dit is. ’n Nuwe dag.

Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: blogs

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

1 day Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.