Hoe bly jy staande in die warrelwindwêreld van mode as ’n jong, aspirante ontwerper?
My versameling is by die Kaapse modeweek vertoon en dit was voorwaar ’n groot mylpaal. As jong ontwerpers stel ons konstant vir onsself hoër doelwitte binne die raamwerk van ontwerp. Ons mik om deurentyd oorspronklik te wees en ons wys vir die modebewuste kopers hoe Suid-Afrikaanse klere moet lyk. Ons vermy sover moontlik die duplisering van internasionale style en ontwerpe.
Jy is die wenner van die Elle Rising Star 2013-kompetisie in samewerking met Mr Price. Hoe het hierdie wonderlike prestasie bygedra tot jou rooskleurige loopbaan as ontwerper?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Dit was ’n fantastiese geleentheid en het ’n hele nuwe dimensie aan my loopbaan gegee. Ek het tans ’n versameling klere eksklusief vir Mr Price ontwerp, wat ’n goeie leerskool was. Dit gee jou waardevolle riglyne oor die kleinhandelsproses binne die mode-industrie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Wat was die inspirasie vir jou twee versamelings?
Die versameling wat die kompetisie gewen het is geïnspireer deur die kontras van krag teenoor broosheid. Handgeweefde en gebreide items is saamgesnoer met eenvoudige silhouette wat die vroulike figuur komplimenteer. Vir die eksklusiewe Mr Price-versameling het inspirasie van die Art Deco-argitektuur in Durban gekom – eenvoudige, stylvolle silhouette met ’n luukse sportiewe kinkel gekombineer met skoon lyne in sagte pastelle en metaalagtige kleure.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Wanneer het jy besef jy het ’n passie vir mode- en klereontwerp?
Vanaf 11 jarige ouderdom het ek my ma se klere gesnipper en gesny en klere vir my suster gemaak. Ek sou die uitrustings aan vriende en familie vertoon. Hierdie passie het met tyd gegroei en ontwikkel, waarna ek toe gaan studeer het by die Design Academy of Fashion om soveel moontlik oor die proses van mode-ontwerp te ontdek.
Hoe lyk jou ideale mode-vertoning?
Ek sal ’n massiewe pakhuis gebruik wat geheel en al van glas gebou is. Daar moet ’n 200m-looplank wees met Franse Techno-musiek in die agtergrond en duisende mense wat toekyk.
Lees meer oor Nicholas Coutts op sy Facebook-bladsy by https://www.facebook.com/nicolaas.coutts
Volg hom op Twitter en Instagram by @nicholascoutts of instagram.com/nbcoutts
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.