kategorieë: TrendsMode

Nuwejaar in neon

Nuwejaar in neon deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: Zara

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Monokromaties

Om neonkleure te meng, kan deurmekaar lyk en onafgerond voorkom. Diegene wat ’n bietjie wil waag met hierdie kontroversiële trend, kan ’n volledige uitrusting in een kleur hou. Die monokromatiese styl word menige kere in die modewêreld herhaal met verskeie kleurskemas, omdat dit ’n stylvolle voorkoms skep. Wees egter bedag daarop dat die spesifieke skakering van daardie neon-kleur baie naby aan dieselfde regoor jou hele uitrusting moet wees.

Lees ook: 1 item, 3 manierre: Die somerbaadjie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Net ’n tikkie neon

Nie almal is daarmee gemaklik om neon van kop tot toon te trotseer nie, maar as jy tog wil eksperimenteer, is dit ’n goeie idee om klein te begin. Kies ’n item in neon en hou dit die fokuspunt van jou uitrusting. Balanseer die res van jou uitrusting met neutrale kleure en kombineer dit met ’n swart, wit of beige basiskleur. Hierdie kombinasie is stylvol, maar ook modern met die tikkie neon wat jy byvoeg. Die helder element kan ’n ou uitrusting weer nuwe woema gee, of dit nou ’n skoen, baadjie, handsak of selfs net oorringe is.

3. Moderne style

Die neonstyle van vandag is veral nie meer daardie toutjie-toppies en streepsokkies nie. Romantiese rokke en bloese het in alle kleure van blou, pienk en groen op loopplanke verskyn. Snyerspakke, wat ook ’n oorheersende tendens is, het die neon-kleure net so verwelkom om by hul statige voorkoms aan te sluit. Hou die res van jou voorkoms ook modern soos baadjies bo-oor rompe; en tekkies saam met rokke.

Nuwejaar in neon

4. Strand toe

’n Nuwe, helder swembroek is genoeg om enigiemand opgewonde te maak oor die somer. Neonkleure is baie gewild vir swembroeke, omdat dit by enige veltoon pas. Boonop lyk dit ook asof jou vel ’n tikkie bronser is teen die helder kleur. Hier hoef jy nie veilig te speel nie, probeer verskeie patrone of kombinasies soos jou hart begeer, maar soos ons reeds genoem het, vertoon ’n monokromatiese kleurskema meer stylvol.

5. Waag met patrone

As een van die top trends wat hierdie jaar weer teruggekeer het, is ons nie verbaas dat dierepatrone ook sy invloed in die neon-trend ingewerk het nie. As jy avontuurlustig genoeg voel om hierdie kombinasie aan te pak, onthou om dit minimalisties te hou, omdat die twee trends reeds op hul eie ’n indruk maak. Besluit op een fokusitem wat neon en dieredrukwerk bevat en stileer die res van jou uitrusting soos ons by wenk twee genoem het.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

5 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.