Ek wonder oor psychics. Hulle sien mos lae van die werklikheid wat vir ons gewone sterflinge onsigbaar is, soos dat jou (aantreklike, intelligente, en ongelooflik interessante) sielsmaat agter die sluiers van die toekoms vir jou wag.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }As dit klink of ek spot, het jy my verkeerd verstaan. Ek het respék vir mense wat meer as ek kan sien.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Neem ‘n ginekoloog, byvoorbeeld. Sy sien wat … wag, hierdie voorbeeld gaan nie werk nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Neem ‘n huisarts, byvoorbeeld. Hy sien wat in jou binneoor aangaan. Ek kan seker ook deur daardie oorkyk-apparaat-dingetjie van hom loer, maar ek sal tien teen een g’n snars van die uitsig verstaan nie.
Die volgende vraag is: waar kan ek – en jy – verder en wyer as ander sien?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Party van ons weet met een oogopslag watter muti ‘n olike potplant nodig het. Ander het ‘n detailbeeld van hoe ‘n vertrek met ‘n make-over gaan lyk, nog lank voor die eerste besoek aan Mr Price Home. Sekere siele sien jou van ver af aankom en haal jou oor tot hul standpunt, produk, of kultus voor jy “Maar ek …” kan sê.
Vir my is die lekkerste dié mense wat kan sien in watter stemming jy is en ure lank saam met jou wêreldprobleme uitpluis, op die plek stuitig raak, of sommer net by jou sit totdat ‘n ou wond in trane oplos.
Hulle sien met die hart.
Salig is jy as jy hartsieners in jou nabyheid het. En as ‘n psychic voorspel het dat so iemand op jou pad gaan kom en dit word waar, verwonder jy jou van vooraf aan wié op aarde wát kan sien.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.