kategorieë: Blogs

Om te praat, of nie te praat nie . . .

Dink eintlik weer daaraan toe ek hierdie week (op Facebook, natuurlik) lees dat Twitter vanjaar sewe jaar oud is. Ouboet Facebook het vroeër vanjaar nege geword. Lekker dat ons die pad saam met hierdie spruite kan stap; ek wonder watter tipe tieners gaan hulle wees? Gaan jy, ek én hulle daar wees om ‘n mondigwording te vier? Wonder ek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die sosiale media het my koerant geword. Ek slurp elke relevante brokkie inligting op. Ignoreer alle speletjies en almal wat probeer Oprah speel met sinlose (ok, soms ook snaakse) motiverende aanhalings. Ek lees nie sedepreke nie. En kyk lekker op ‘n afstand hoe die grotes mekaar aanvat, leer uit hul suksesse en foute.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maar die lekkerste, die heel lekkerste, is dat ek skielik “by” is met die wel en weë van familie en vriende se alledaagse. Om van voorste celebs nie eens te praat nie. Ek kuier elke dag in Lagos, Londen, New York, Nairobi, Hermanus, Kaapstad, Kathu, Worcester, Beiroet, Melkbos, Shanghai en Sydney. Saam maak ons kinders groot, tel ou drade op, giggel oor skoolfoto’s en matriekafskeidrokke, deel selfs sake-raad uit. Ons práát.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Praat ‘n kuns geword. Kyk ek vroeër die week hoe ‘n vriendin haar tienerdogter berispe: “Los jou foon, ek praat met jou.” Tiener: “Maar Mamma, ek praat ook, net op ‘n ander manier.” So wie’s reg?

Vir my is praat ‘n kommunikasiekanaal met baie dimensies. Kommunikasie, op sy beurt, is skielik meer kompleks. Dis ‘n wêreld met nuwe reëls, nuwe uitdagings. Een met min geduld en min simpatie vir foute maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jip, Mark Zuckerberg en Jack Dorsey het die wêreld ‘n groter én ‘n kleiner plek gemaak. Verloor jy die draad van die gesprek, laat jy dit in sommige gevalle vir ‘n uur of wat sy gang gaan sonder jou insette, kan dit jou duur te staan kom. Vra gerus vir aktiewe gebruikers Steve Hofmeyr, Zelda la Grange en Helen Zille . . .

Die onmiddellikheid waarmee Mark en Jack ons bederf het my geduld met epos min gemaak. Ek soek ‘n antwoord. Dadelik. Nie môre nie en beslis nie oor ‘n week nie. Nou. Dalk binne die volgende uur.

Maar dis wat die internasionale topverkoper-skrywer Seth Godin (soek hom, like hom, volg hom, lees hom) oor kommunikasie sê wat my vanoggend diep laat dink:

“If you’re unable to have substantial conversations with your boss and co-workers, go get some professional help. It’s not personal, it’s business. The inability to say the thing that will make everything better (because of fear of shifting the status quo) is a project killer.”

Eish.

Dieselfde geld vir gesprekke met familie en vriende, dink ek. Mark en Jack het meer geskep as net effektiewe sosiale media kanale. Hulle hou ons ook eerlik, en maak die wêreld ‘n beter plek. Ja manne, dankie!

Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

12 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.