kategorieë: Blogs

Onbelemmerde liefde

Ek weet nie hoekom die frase “onbelemmerde liefde” my tussen die oë getref het nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Eers het dit my aan moederliefde laat dink: die onbaatsugtige ywer waarmee ‘n ma die kreatuurtjie versorg wat al beskryf is as “’n groot geraas aan die een punt en ‘n skokkende onverantwoordelikheidsin aan die ander.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daarna het ek die teerheid onthou wat jy soms sien by egpare wat saam grys geword het. Die manier waarop hulle vir mekaar kyk, het deur die jare versag. Daar is iets oneindig mooi aan ‘n knobbelrige hand wat ‘n skraal elmboog stut om die straat oor te steek, of die yl hare versigtig van ‘n verrimpelde voorkop vee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Toe haak my gedagtes by middeljareliefde vas. Vir die jonges is middeljariges waarskynlik effe oorgewig mense met kommerplooie wat verkies om met ‘n boek of voor een of ander skerm te sit – allesbehalwe ’n romantiese prentjie. As ek om my kyk, sien ek egter iets anders.

Mans en vroue bo 50 wat wéét van seer, maar steeds in die soetheid van die lewe glo, het met oorgawe lief. As hulle hulself ken en die voorreg het om vrywillig in ‘n verhouding te wees, val ou struikelblokke dikwels weg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Voorskrifte oor hoe hulle behoort te lyk, behoort te dink en behoort op te tree, kan plek maak vir ‘n ongekende oopheid vir die oomblik en die vreugdes wat dit bied. Insig in menswees gee hulle begrip vir hul maats se vrese en waardering vir hul dapperheid. En min dinge is so bevorderlik vir onbelemmerde passie as die realistiese aanvaarding van hoe ‘n lyf bo 50 nou eintlik lyk.

Nou dat ek daaraan dink, staan ek verstom dat die lewensvertroue van op en wakker vyftigplussers nie die ideaal is waarna onsekere twintigjariges streef nie! Maar dalk is dié stand van sake voordelig. “Vervelige” middeljariges het mos baie meer vryheid wanneer die res van die samelewing anderpad kyk, of hoe?

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

7 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.