kategorieë: TrendsMode

Ons mode-gunstelinge: Ondersteun plaaslike ondernemings!

Ons mode-gunstelinge: Ondersteun plaaslike ondernemings!  deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Op ’n goeie noot

Good is in 2008 in Kaapstad deur Marian Park-Ross begin. Die idee was om praktiese, eenvoudige, maar steeds modieuse style te ontwerp. Die ontwerpe is maklik om te dra en vleiend vir vroue van alle ouderdomme,.

Marian en Klarette vorm nou die Good-span, hulle is passievol oor die herbou van die plaaslike industrie en om werksgeleenthede in Suid-Afrika te skep en te behou. Hulle het’n veldtog begin om dit te ondersteun, naamlik LOVEZABUYZA. Hulle 2015 film het ’n Mercedes Benz Bokeh International Fashion Award vir BEST SOUND gewen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

’n Tydlose staatmaker

Die Klassik Crossbody-handsak van Eden & Co is die perfekte elkedagse metgesel vir die stylvolle vrou. Dit het ’n tydlose ontwerp, opvallende vorm en  vervaardigingskwaliteit is van goeie gehalte. Die ontwerpe word vervaardig van luukse, egte leer.

Leerhandsak (R1 590) Eden & Co

Militêr en modieus

Die nuwe, beperkte uitgawe Mono Patchwork Chuck 70 is ’n kombinasie van klassieke en robuuste tekstuurstowwe en rou afwerkings. Militêre detail, soos lapdoekmateriaal en kakieskakerings, word gemeng vir ’n industriële en kamoefleer-effek.

Mono Patchwork Sneaker (R1 499; 6-11) Converse

Bedrieglik warm

Die sybokhaar-serp is die kleiner weergawe van die kenmerkende sybokhaar-doek. Die ontwerpe van Hannah Lavery is perfek om een​​keer om jou nek te draai en om aan weerskante te hang. Dit kan op verskillende maniere vasgemaak word om oneindig verskillende voorkomste te skep.

Mohair serp (R1 400) Hannah Lavery

Jou beste bril

Hello Bril help nie net mense om beter te sien nie, maar ook beter te lyk en te voel as ooit tevore. Hierdie handelsmerk bied ook ’n opsie waar jy jou brilkeuses by die huis kan aanpas. Hoe werk dit? Jy kies 3 rame van die Heyelander of Eyekohna reeks en dan stuur hulle dit vir jou om in die gemak van jou eie huis aan te pas.

HEYELANDER COLIN – Crystal Peach bril (R989) Hello Bril

Gemaklik mooi

Die 100% brushed fleece-top van Sitting Pretty is die toonbeeld van gemak. Die moue word paslik afgerond by die pols en die pofmoue dra by tot ’n interessante voorkoms.

Top (R999; 32-36) Sitting Pretty

Loer hier vir nog mooi inspirasie

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

8 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.