kategorieë: WenkeMode

Ons top 10 winteritems

Ons top 10 winteritems deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder Hooffoto: Poetry

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1. Die dieretrui

Jy kan nie die winter sonder ’n dieremotief aanpak nie. Dit is vanjaar een van die grootste tendense. Speel veilig en hou die res van jou uitrusting en grimering minimalisties.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Trui (R169,99) Mr. Price

Lees ook: Hierdie 8 modefoute laat jou slordig lyk

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Kleurryke geruite baadjie

Geruite patrone is net so gewild soos laas jaar, maar hierdie keer is dit gewilder in verskillende kleure. Dit is die perfekte baadjie saam met jeans, en as jy waaghalsig wil wees, kan jy dit saam met ander geruite patrone dra.

Baadjie (R899) Old Khaki

Lees ook: 5 vinnige modetruuks wat jou uitrusting afrond

3. Wilde Weste-stewels

Maak reg vir ’n groot opskop met jou blink gevryfde stewels. Hierdie seisoen is die cowboy-styl hoogmode, oorweeg ’n styl wat deur hierdie gier geïnspireer is – ’n gepunte toon met stikwerk-patrone.

#rrWenk: Dra dit saam met noupassende broeke, jeans of vloeiende rokke.

Stewel (R1 499) Witchery

Lees ook: Verlang die lewe van jou gunsteling-jeans

4. ’n Blink top

Blinkers was volop op die wintermodevertonings – van rokke en hemde tot ’n volledige pak met blinkers. Hierdie top is perfek vir die aand en die kleur pas by alles.

Blinkertop (R999) Witchery

Lees ook: Ons gunsteling plaaslike handelsmerke vir babas en kinders

5. Getooide kopstuk

Jy het nog lank nie die einde van hierdie materiaalhaarbande gesien nie. Dit gaan in die somer steeds gewild wees, so koop gerus vir jou een wat by jou styl pas.

Kopband (R150) Poetry

Lees ook: Ons is opgewonde oor hierdie handelsmerke vir ons kurwes

6. Geplooide romp

’n Staatmakerromp hou ’n ewigheid. Dit is sinoniem met vroulik en word op verskeie maniere gedra. Dra dit in die winter saam met ’n polonektrui, baadjie en stewels, en in die somer saam met ’n T-hemp en hoë hakke vir werk.

Geploode romp uit die Morris&Co. X H&M reeks (R629) H&M

Lees ook: Agter die skerms by ons pragtige pienk modefotosessie

7. Oorgroot-baadjies

Hoe groter hoe beter. Belê gerus in ’n pofbaadjie in ’n neutrale kleur, want hierdie item sal jy nog vele winters kan dra, en jy kan dit maklik oor enige uitrusting gooi as die winterbriesie jou onkant betrap.

Superdry bied ‘n verskeidenheid kleure en style

Lees ook: Lyk ryk: 7 maniere om luuks op ’n begroting te lyk

8. Gordel jou jas vas

Hierdie soldatejas is tipies van die 70’s-tendens, wat dié winter ’n groot gier is. So ’n jas is ook een van die top- klassieke items wat jy in jou klerekas kan hê. Moenie bang wees om ’n bietjie meer aan gehalte te bestee nie.

#rrWenk: Bruin skakerings bly ’n veilige keuse.

Jas (R3 899) Witchery

9. Ketting-handsak

Dié handsakke wat deur Chanel geïnspireer is, word nou as die moet-hê handsak bestempel. Ons is dol op die leersakkie van Willow Tree wat waarde vir geld bied én stylvol is.

Leersakkie met slangvelmotief (R1 490) Willow Tree

10. Die retro-trui

Hoewel klassiek altyd ’n bobaas-styl sal bly, bied hierdie winter se modes interessante kleurskakerings. “Meer is meer” is immers die gonswoord vir 2019. Ons is mal oor die kleurkombinasie van pienk, wit en rooi.

Oorgrootte trui (R899) Poetry

Verbruikersgids

Mr. Price

Old Khaki

Witchery

H&M

Superdry

Willow Tree

Poetry

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

5 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.