Bestanddele
- 12 klein lamsworsies
- 6 knoffelhuisies, geskil en gesny
- 2 rooi uie, in wiggies gesny
- sout en gemaalde swartpeper
- olyf- of avokado-olie om oor te gooi
- 2 hande vol kersietamaties aan die stingel
- 45 ml (3 e) balsemiekasyn
- ¼ ciabatta-brood, in stukkies geskeur
- hand vol basiliekruidblare
Metode
Verhit die oond tot 180 °C.
1. Sit die worsies, knoffel en uie in ’n diep roosterbak. Sprinkel olie oor en rooster vir 15 min.
2. Voeg die tamaties, asyn en ciabatta-stukke by en rooster vir nog 15 min. tot goudbruin en krakerig.
3. Strooi die basiliekruidblare oor en smul.
