kategorieë: Blogs

Oor mans, mans en mans

So moet geen Adam ooit vir my vertel dis net ‘n vrou wie se bioritme versteur word nie. Ek weet ook presies hoe lank sommiges voor ‘n spieël kan draai; hoe belangrik die keuse van die regte hemp en broek kan wees. En ek weet dat jy veral in die winter op Saterdae óf jou eie planne moet maak óf die rugbyreëls moet leer ken. Meeding met die kassie durf jy nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Al dié kennis maak jou uitsoekerig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vir my was daar vroeg-vroeg twee breë kategorieë mans van wie ek liefs wou wegbly: die luies en die oorgretiges.
‘n Lui man trek nie die stoel vir jou uit nie, druk die toeter ongeduldig by die hek, laat sy koffiebekers vir minstens ‘n week langs die rusbank staan en vergeet sy beursie gerieflikheidshalwe by elke afspraak tuis. ‘n Oorgretige een spring na ‘n romantiese ete-afspraak iets te vinnig op en stamp die laaste sluk van jou rooi wyn om, praat op die eerste tuisbly-afspraak meer met jou ma en pa as met jou en plant ‘n sopnat soen op jou verbaasde mond as jou gunsteling-fliek op sy hoogtepunt is.
‘n Lui man word met die tyd al luier. ‘n Oorgretige een kan dit nie volhou nie. Later is hy ook lui.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die man vir my, glo ek, moet wéét wanneer en in watter hoeveelhede hy sy luiheid en oorgretigheid moet inspan. Soos Pa.
Net een probleem – van luiheid kon jy hom nooit regtig beskuldig nie. Oor sommige dinge, soos skoolboeke-oortrek, kos kook en wintersklere koop, was hy baie duidelik; dít kan nie as lui afgemaak word nie. “Vra jou ma.” Oorgretig? Dít is ‘n ander saak.
Daar was nog net drie van ons vier toe dit tyd raak vir ‘n nuwe speelgoedkas. My koerantman-pa het ‘n hele Saterdag gewerk, ‘n pragtige, groot kas gebou. Teen skemeraand was dit tyd om die kas ‘n ereplek in ons slaapkamer te gee. Helaas: sy skepping kon nie by ‘n enkele deur in die plaashuis in nie. Die speelgoedkas het ‘n garagekas geword. Sy gesig sien ek vandag nog. Hy was skaamkwaad, vir homself.

Toe Mamma besluit dis tyd om verder te leer met twee kinders in die laer skool en twee in die hoër skool was Pappa haar lojaalste ondersteuner. Vir weke aaneen het hy man-alleen ingestaan, kruideniersware gekoop en skooltasse gepak. Beskuit, koffie, pienk winkelworsies, kafee-pasteie en Coke was lank op ons spyskaart. Ons was dolgelukkig, Ma’t haar graad gekry met Pa gloeiend trots in die voorste ry by die gradeplegtigheid.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Met tyd het Pa my stilweg geleer ‘n werkende vrou moet haar man slim kies. Dis waarskynlik die grootste sakebesluit wat jy ooit sal neem, hoor ek hom sê. Want saam met die liefdesstrategie kom die operasionele realiteit, laat nagte met siek babas, finansiële druk, familie-sages en twee werkendes se loopbaanbesluite.

Kort voor my dertigste kry ek (tot groot verligting van my drie broers en hul vrinne) ‘n man soos Pa. Een wie getrou elke oggend koffie bed toe bring, sonder skroom die kosblikke pak, elke Saterdag vóór die rugby gaan kruideniersware koop. Meer nog: ‘n man wat kan skoolboeke-oortrek, kos kook en wintersklere koop. Een met die regte mengsel luiheid en oorgretigheid.
Vir hom, vir Pa en al die ander gawes, maeres en beswaardes, vriendelikes, vettes en vales daar buite – hê ‘n luilekker Vadersdag! Dis welverdiend.

Tot volgende week,

Marí

www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

7 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.