kategorieë: WenkeMode

Organiseer jou handsak soos Marie Kondo

Handsakke raak te dikwels die opgaarplek vir rommel soos gebruikte sneesdoekies, ou kwitansies en krummels. Marie Kondo se nommer een reël is om gereeld jou handsak skoon te maak. Makliker gesê as gedaan, maar volgens Marie kom ’n mens gou in roetine: Sy beveel aan dat jy elke dag jou handsak leegmaak wanneer jy by die huis kom. Hierdie wenk is veral handig as jy gereeld handsakke ruil.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kry ’n plek in jou huis, soos ’n laai of kassie, om jou daaglikse benodigdhede vir jou handsak te stoor, soos jou beursie. Pak dan elke oggend net die items wat jy daardie spesifieke dag nodig het – só sal jou handsak altyd netjies bly. ’n Maklike manier is om ’n skoenboks in jou kas of laai te sit en al die items in jou handsak daarin te pak, die gemors wat dan in jou handsak oorbly, gooi jy weg. Hierdie metode sal ook verseker dat jy niks die volgende dag vergeet nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Volgens Marie sal hierdie skoonmaakproses verhoed dat jy ou kwitansies, los papiere en enige onnodige items in jou handsak ronddra. Dit sal ook verseker dat jy nie jou handsak oorlaai en rugpyn veroorsaak nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Om seker te maak dat die binnekant van jou handsak netjies en skoon bly, stoor jou grimering in ’n grimeersakkie. Jy kan ook ’n sakkie gebruik om los goed soos haarrekkies, medisyne en ander los goed in te stoor.

Beperkte stoorplek in jou kas? Marie beveel aan om kleiner handsakkes in jou groter handsakke te stoor – sodoende spaar jy nie net spasie nie, maar beskerm jy ook jou handsakke dat dit nie sy vorm verloor deur te verdruk nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

9 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.