kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

Oulike stoor-idees vir jou tuiskantoor

Deur Elandrè Swart. Hooffoto Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Of jy nou van die huis af werk of net ’n spasie nodig het waar die kinders hul huiswerk kan doen, dit is altyd moeilik om hierdie spasie georganiseerd en netjies te hou. Volg hierdie ses wenke om jou tuiskantoor netjies te hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Boks dit

Opbergkassies is die perfekte manier om ’n verskeidenheid praktiese kantoorbenodigdhede soos papier, koeverte en ekstra toue en toerusting uit die oog te hou. Etikette kan jou help om vinnig iets te vind en die gebruik van bokse om die rommel te verberg, sal jou kantoor netjies hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Organiseer die pos

Twee van die mees uitdagende items om te organiseer, is sleutels en rekeninge. Kry ’n oulike sleutelhouer en koper draadhouer om die pos op een plek te bêre.

Oop rakke

Maklik om te bou en eindeloos aanpasbaar, oop rakke is ’n ideale manier om kantoorbenodigdhede te stoor en dis ’n maklike manier om dinge op te spoor. Plaas ’n paar spesiale voorwerpe soos foto’s of vase by om die aantreklikheid van jou rak te verhoog en die voorkoms van rommel te vermy.

Boks-rakke

Kubusse is ’n perfekte vorm vir baie mandjies en bokse en dit skep ’n klein genoeg ruimte vir ’n versameling van boeke.

Glashouers

’n Praktiese dekorgunsteling is ou glasbottels in verskillende groottes. Dit maak die perfekte plek vir potlode, papierstukke, besigheidskaartjies en ’n magdom ander klein items. Kies ’n paar duidelike glashouers van verskillende hoogtes en plaas dit op ’n oop rak vir die die beste effek.

Hergebruik

Klein goedjies in ’n laai maak ’n tuiskantoor vinnig deurmekaar. Gebruik ’n ou kolwyntjiepan en sit dit in ’n laai om klein voorwerpe soos papierstukke, duimblokke en rubberbande te organiseer.

Verbruikersgids

Mr Price Home |0800 212 535

@Home |0860 576 576

H&M | hm.com

Woolworths |0860 022 002

Yuppy Chef | yuppychef.com

Superbalist | superbalist.com

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.