kategorieë: KosLeefstyl

Restaurantresensie: LIFE Grand Café

Naam
Michelle Nortje

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Waar ons was
LIFE Grand Café

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ligging
Hyde Park Corner, Johannesburg

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tipe kos
Mediterreens, Tapas, Pizza, Sushi en Vegetaries

Koste en spyskaart
Gaan na lifegrandcafe.com/

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Atmosfeer
Gemaklik. Die ideale restaurant vir ’n middel-van-die-week ete saam met jou geliefde, of ’n rustige kuier saam met vriende oor die naweek.

Wat het dit onvergeetlik gemaak
MCC op die perfekte temperatuur, goeie diens, die rustige atmosfeer en natuurlik sjokolade-pizza vir nagereg.

Wat het ons fassinerend gevind
Die dekor! ’n Vloer wat gemaak is uit gebruikte koeëldoppies, interessante ligte en ’n “soetkroeg” met die heerlikste gebak.

LIFE Grand Café in Hyde Park Corner is beslis ’n besoek werd. Die styl, atmosfeer, kos en diens is van top gehalte en die dekor laat jou voel of jy iewers in ’n Franse restaurant uiteet. Ons gunstelingdeel op die spyskaart was die Tapas – gebraaide chorizo met geroosterde soetrissies, geroosterde beet met dennepitte en balsamiekasyn en bees-kofta met brandrissies. Die hoofgereg van T-been met uieringe en ’n hemelse sous, asook die seekosdis was onvergeetlik.

Die eienaars Maira, John en Mixali Koutsoudakis het ’n wenresep beet met hierdie restaurant (daar is ook restaurante in Midrand en Waterkloof). Aandetes, skemerkelkies en ’n High Tea is populêr terwyl die aanbieding van disse jou asem wegslaan.

As jy lief is vir yskoue vonkelwyn, goeie wyn, heerlike kos en ’n rustige atmosfeer in ’n rustieke omgewing is LIFE Grand Café ’n restaurant wat jy moet besoek.

Oop vanaf 7vm tot 10nm, Dinsdag-Saterdag, en 7vm tot 4nm, Maandag en Sondag
Winkel MM24, Hyde Park Corner-winkelsentrum, Hyde Park
Tel: (011) 325-4350

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

13 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.