kategorieë: Nuut & NouKos

Rogan Josh-hoender

Resep: Rediscover Dairy

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vir die jogurt-naanbrood:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 300 g (625 ml) koekmeel
  • 2.5 ml (½ teelepel) sout, fyn
  • 7 g kitsgis
  • 30 ml (2 eetlepels) botter, gesmelt en afgekoel
  • 30 ml (2 eetlepels) warm water
  • 200 ml volroom natuurlike jogurt
  • Ekstra koekmeel, om op die werksoppervlakte te strooi
  • 30 ml (2 eetlepels) botter, gesmelt vir braai en smeer van naanbrood

Vir die hoender:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • 30 ml (2 eetlepels) botter
  • 8 hoenderdye (ongeveer 1 kg)
  • Sout en peper, na smaak
  • 1 medium ui, fyngekap
  • 5 ml (1 teelepel) gemaalde kardemom
  • 2.15 ml (½ teelepel) gemaalde kaneel
  • 1.25 ml (¼ teelepel) gemaalde naeltjies
  • 10 ml (2 teelepels) paprika
  • 10 ml (2 teelepels) gemaalde komyn
  • 10 ml (2 teelepels) gemaalde koljander
  • 5 ml (1 teelepel) garam masala
  • 2.5 ml (½ teelepel) rooipeper
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 teelepels fyngemaalde gemmer
  • 1 x 400 g blik tamatiepuree
  • 250 ml (1 koppie) hoenderaftreksel
  • 100 ml volroom natuurlike jogurt
  • Vars koljander, vir garnering

Metode

  1. Begin deur die naandeeg voor te berei. Meng die meel en sout saam in ‘n bak. Roer die gis in.
  2. Voeg die botter, water en jogurt by en meng tot ‘n sagte deeg. Indien nodig, voeg ‘n paar ekstra druppels water by en maak die deeg met jou hande bymekaar om ‘n bolletjie te vorm.
  3. Gooi uit op ‘n meelbestrooide oppervlak en knie vir 5-10 minute of totdat die deeg rekbaar en glad is.
  4. Plaas in ‘n bak wat liggies met olie gesmeer is, bedek en laat rys in ‘n warm plek vir een uur.
  5. Om die Rogan Josh voor te berei, smelt 1 eetlepel botter in ‘n diep braaipan.
  6. Geur die hoenderdye met sout en peper en braai vir ‘n paar minute aan elke kant totdat dit bruin is. Verwyder en sit eenkant.
  7. Smelt die oorblywende  botter in dieselfde pan. Voeg die ui by en braai oor medium hitte vir 2-3 minute tot sag.
  8. Voeg die droë speserye by en kook vir ‘n minuut. Voeg die knoffel en gemmer by en kook nog ‘n minuut.
  9. Voeg die tamatiepuree en hoenderaftreksel in die pan. Roer en geur indien nodig met sout en peper. Voeg die hoender terug by die mengsel en laat prut vir 30 minute, totdat die hoender gaar is en die sous verdik het.
  10. Verwyder die hoenderstukke en roer die jogurt in die kerrie. Voeg die hoender terug in die pan en verhit tot deurwarm. Maak seker die sout en peper is reg na smaak.
  11. Terwyl die hoender prut, berei die naanbrode voor. Verdeel die deeg in agt gelyke stukke. Rol elkeen op ‘n meelbestrooide oppervlak in ‘n ovaal van 4 mm dik. Smeer ‘n braaipan met ‘n bietjie gesmelte botter.
  12. Plaas twee stukke deeg in die pan en bedek met ‘n deksel. Verhit oor hoë hitte vir 2 minute of totdat dit opgeblaas en goudbruin aan die onderkant is.
  13. Draai die brode om, bedek en verhit vir nog 2-3 minute. Draai toe in ‘n skoon vadoek terwyl jy die oorblywende brode braai.
  14. Smeer die naanbrode met ekstra botter (opsioneel). Garneer die Rogan Josh-kerrie met vars koljander en bedien met die warm naanbrode.

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

5 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.