kategorieë: Blogs

Rooikappie-oomblik

Die wolf in Rooikappie se storie kry ook net die bad rap. Dis nie dat ek hom jammer kry of enigsins sy benadering tot jong girls of sy aptyt vir oumensvleisies miskyk nie; dis net dat ek iets wat hy kwytgeraak het, oordink.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Toe Rooikappie wou weet hoekom haar ouma se oë so groot is, het Wolf geantwoord: “Om beter te kan sien, my kind.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dís my wens. Om beter te kan sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Op die gewone driedimensionele vlak kom ek redelik goed reg. Dis die binneoog-sienery wat ek graag sou wou opskerp.

Het jy al verwoed na iets gesoek terwyl dit reg onder jou neus lê? Dit kom my gereeld oor. En dit gebeur wanneer ek gespanne raak. Wat my laat wonder hoeveel wonderlike dinge – kleurryke blommetjies, swaaiende sterte, liewenheersbesies en mandjies vol lekkernye – ek miskyk omdat ek oor gister of more loop en tob.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dieselfde geld drome wat waar word. As ek terugkyk oor die afgelope halfeeu, staan ek verwonderd oor onwaarskynlike wense wat in vervulling gegaan het. Werkswense, reiswense, verhoudingswense … Hoe kan ek ooit weer neerslagtig na die toekoms kyk?

Miskien moet ek ‘n oulike rooi manteltjie aanskaf. Een wat ek kan dra om my aan Rooikappie en die wolf te herinner. As Rooikappie beter kon sien, sou sy sommer reg aan die begin dwarsdeur Wolf gekyk het. En as Wolf beter kon sien, het hy die houtkapper betyds sien aankom.

Wie weet watter eienskappe so ’n manteltjie in my kan laat ontwaak? Dalk dié van ’n Rooikappie met super-binnevisie en so ’n titseltjie Superman. ’n Match vir enige werklike óf gewaande lewenswolf.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

1 day Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.