kategorieë: Leef gesondGesondheid

#rrwenk: verwyder oorwas tuis

Skielik bietjie doof? Of sing jou ore? Een van die algemene oorsake is oorwas wat diep in jou oorkanaal opbou. Jy kan dit tuis verwyder, mits jy nie oorpypies (grommets) het nie, of aan ’n ernstige chroniese oorkwaal ly nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maak so

• Jy het ’n 5 ml-spuit of -oogdrupper en baba-olie of gliserien nodig.
• Maak die olie of gliserien sterk louwarm maar dit mag jou nie brand nie.
• Trek ’n bietjie op in die spuit of drupper.
• Hou jou kop regop en trek jou oorskulp opwaarts. Dit maak die oorkanaal meer toeganklik.
• Spuit ’n paar druppels in die oorgat. Moenie die spuit indruk nie. Die olie sal vanself inloop.
• Wag vyf minute dat die was kan sag word.
• Sak jou kop skerp na jou skouer sodat die was kan uitloop.
• Jy kan nou ook ’n bietjie warm water in jou oor indrup.
• Maak jou oor goed droog met ’n handdoek of haardroër.
• As jou gehoor ná ’n paar herhalings nie beter is nie vra ’n dokter om te kyk wat skort.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: wenkeore

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

6 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.