kategorieë: TrendsMode

SA-ontwerpers vier Meghan se ondersteuning!

SA-ontwerpers vier Meghan se ondersteuning! deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: Splashnews  / Greatstock

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wanneer iemand soos die hertogin van Sussex plaaslike ontwerpers ondersteun, laat dit harte trots klop. Hier is ’n paar ervarings van hierdie ontwerpers.

Lees ook: Voeg ’n bietjie “Markle Sparkle” tot jou klerekas!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nina Bosch Porcelain

Meghan het reeds met haar tweede dag in Afrika die Flora Leaf-oorringe van Nina Bosch Porcelain gedra. Die ontwerpe is minimalisties, maar vang tog die oog.

Nina beskryf Meghan as ’n inspirerende vrou en dat dit ’n eer is dat Meghan haar onderneming ondersteun het.

Die porselein-oorbel is met die hand vervaardig en is met 18 karaat goud afgerond.

Hierdie styl is reeds in alle kleure uitverkoop!

Besoek ninabosch.co.za

Hannah Lavery

“Dit was die afgelope paar dae omtrent ’n warrelwind!  Dit was ’n eer dat Meghan ’n Hannah Lavery-ontwerp gekies het, veral omdat sy op hul toer juis op die bemagtiging van vroue gefokus het. Hierdie beweging lê my ook na aan die hart.” – Hannah Lavery

Die tencel-knooprok is ’n veelsydige midirok wat óf as ’n rok óf oor ‘n uitrusting gedra kan word. Daar is net ’n beperkte aantal rokke uit volhoubare tencel vervaardig.

Besoek hannahlavery.co.za

Pichulik

“Ons is so dankbaar vir Meghan wat ons oorringe twee keer gedra het! Haar belangstelling in Suid-Afrika is opvallend en eg, as ook haar strewe na ’n beter vrouegemeenskap. Hierdie blootstelling was ’n wonderlike bekendstelling aan ’n nuwe gehoor, en dit was lekker om die trots van die Pichulik-familie te ervaar. Aanhangers van Pichulik-ontwerpe het die geleentheid ondersteun, op sosiale media gedeel en saam met ons gevier!” – Katherine-Mary Pichulik

Besoek pichulik.com

Tshepo Jeans

Tshepo het sy dankbaarheid op Instagram uitgespreek en vertel van daardie eerste oproep van die Britse ambassade. Meghan het voor hul besoek ’n bestelling geplaas en hom persoonlik kom besoek. Boonop het hy haar met ’n oulike speelpakkie vir Archie verras!

Besoek tshepojeanmaker.co.za

As jy gehou het van SA-ontwerpers vier Meghan se ondersteuning, loer hier vir nog lekker stylstories

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

23 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.