– genoeg vir 1 groot brood
Hierdie deeg is baie sag en nat, bewerk dit met jou hande (klik hier vir aanwysings), of gebruik ’n elektriese menger.
Sagte rogbrood
Ingredients
- • 675 g (4½ k) koekmeel
- • 225 g (1½ k) rogmeel
- • 10 g kitsgis of 25 g vars gis
- • 15 g sout
- • 520 ml water
- • 330 ml bier
Instructions
1 Meng die koek- en rogmeel, gis en sout. Meng die water en bier en gooi by die droë bestanddele. Meng alles saam tot ’n deeg vorm – die deeg is baie sag.
2 Keer op ’n meelbestrooide werkvlak uit. Druk die deeg effens plat en vou vir sowat 15 min. op mekaar tot die deeg bymekaarkom en ’n bal vorm. Smeer met ’n bietjie olyfolie.
3 Smeer ’n bak met olyfolie en sit die deeg daarin. Bedek met ’n skoon plastieksak wat met olie gesmeer is. So bly die deeg warm en het genoeg plek om te rys. Laat rys tot dubbel die grootte.
4 Voorverhit die oond tot 200 °C.
5 Knie die deeg liggies af. Vorm weer in ’n netjiese bal en sit op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Laat rys tot dubbel die grootte - dit neem sowat ’n uur.
6 Bak die brood vir 1 uur, of tot die brood hol klink wanneer jy op die onderkant klop.