kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

Silwerskoon wynglase: Ons wys jou hoe

Deur Elandrè Swart. Hooffoto Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daar is gewoontlik net twee oorsake vir vuil glase: die minerale in harde water vorm ’n lagie op jou glase of jou skottelgoedwasser het die glase permanent gevlek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hier is ses wenke om jou glase weer soos nuut te laat lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1 Vergeet van die skottelgoedwasser

Twee belangrike redes om jou kosbare glase uit die skottelgoedwasser te hou:

  • Dit is taai op breekbare glasware.
  • Dit is steeds vol aandete-vet. Die laaste ding wat jy wil hê is die oorblywende kos wat jou glase besmeer.

2 Vergeet van spoelmiddel

Spoelmiddels is nie goed vir wynglase nie aangesien dit ’n film oor glasware los.

3 Was in warm water

Die beste manier om jou wynglase silwerskoon te kry, is deur warm water te gebruik en dit te los om self droog te word. Kommersiële glaswassers kan glase teen 83 °C steriliseer, maar ongelukkig het nie baie huise hierdie tipe wassers nie, daarom is die volgende beste ding om dit met die hand in warm water te was.

4 Lugdroog jou glase

Plaas die warm glase onderstebo en laat dit self droog word. Selfs die skoonste en nuutste teehanddoeke sal vesel op glasware los.

5 Gebruik die minimum skoonmaakmiddel

As jy voel jy moet ’n skoonmaakmiddel gebruik, beveel ons aan dat jy so min as moontlik gebruik. Spoel die glase gereeld met warm water af terwyl jy was.

6 Gebruik asyn

Week jou glasware vir ’n uur of twee in ’n asynoplossing. Die asyn sal vasklou aan die organiese materiaal en skitterende glase tot gevolg hê.

Lees ook:Hoe skoon is jou selfoon nou eintlik?

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

11 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.