Die jaar vang skielik spoed. Ure in die dag word ál minder, dagboeke ál voller en geduld . . . nou ja, geduld is skaars, baie skaars. Ons luilekker vroeg-Januarie draffie is skielik ’n ultra-marathon.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Toe ruk die een nuusberig na die ander my tot stilstand. Ek val van my treadmill af en raak die pad byster.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }’n Ou vriendin hoor sy’t kanker. ’n Ander se man is ernstig siek. En oorkant my in die hospitaal sit ’n ma wie se matriekseun na ’n motorfietsongeluk in Desember sy planne moet laat vaar om beroepsrugby te speel; sy universiteitsbeurs skielik niks werd. Erger nog, sy been aan’t skerwe.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Want die lewe het ander planne gehad.
Hoe gemaak as jy skielik hoor jy het enkele weke om te leef? As jy nie weet of jy ooit weer uit jou bed gaan opstaan nie? As jou fiets om ’n draai die pad verlaat en jy weet niks sal ooit weer wees soos dit was nie?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Eish. Ek wonder, en vra my pa.
“Wel, jy sal nie in die winkels rondloop nie.” Wysheid met die grysheid, dink ek toe ek daardie middag straat-af ry om brood en melk te koop. As jy min dae het sal jy nie drentel nie, jy sal doen. Stadig doen. Dink ek. Weet dan: dis nie so maklik nie.
Wat sal jy doen as jy weke het om te leef?
Ek sal:
• vergeet van diets en dinge en melktert eet vir brêkfis as ek kan;
• geen slapelose nagte hê oor wat ek môre sal aantrek en wat ander dink nie;
• elke aand op die stoep sit, na die sonsondergang kyk; in my hand ’n glas yskoue witwyn;
• elke woord wat my kinders sê geduldig beluister en bedink en hulle toelaat om saam met ons in die bed te kom lepellê, elke aand;
• elke dag met my man, ma, pa, broers, susters, vriende en vriendinne praat en baie lag oor dít wat ons deel; en
• diep asemhaal as dit moeilik gaan en weet dis ok, ek is nie alleen nie.
So hoekom nie vandag nie? En net daar trek ek my tekkies aan en begin weer met ’n vroeg Januarie-draffie. En hierdie keer hou ek die spoed onder beheer.
Tot volgende week,
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.