kategorieë: WenkeMode

Somer 2016: kikker jou klerekas só op

Jy hoef nie noodwendig die duurste of nuutste items in jou klerekas te hê om stylvol te lyk nie, dit gaan bloot oor die vermoë om altyd styl te hê ongeag wat in jou klerekas is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons gee ’n paar praktiese wenke oor hoe jy verlede jaar se somerklerekas kan regkry vir die nuwe seisoen:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • Eerstens, pak weg jou wintersklere en maak plek vir jou somerklere.
  • Sorteer. Wees eerlik met jouself, gaan jy weer die spesifieke item(s) kan, of wil dra? Indien jy twyfel, voeg dit by die hoop wat aan minderbevoorregtes geskenk kan word.
  • Is daar dalk items wat vergete agter in jou kas lê wat jy weer sal wil dra, maar eers sal moet laat verstel – dalk ’n ritssluiter vervang of ’n knoop weer vaswerk?
  • ’n Vraag wat ons almal wil vermy, maar tog belangrik is om te vra – pas dit nog?
  • Jou gunsteling, deurgeloopte paar leerskoene hoef nie in die drom te beland nie, neem dit na ’n plaaslike skoenmaker en vervang die ou sole met nuwes.

Voor jy by jou gunstelingklerewinkels invaar om jou somerklerekas aan te vul, kom ons kyk eers wat vanjaar se modetendense inhou:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Na afloop die 2016 New York-modeweek is dit duidelik dat die 90’s weer ’n gewilde modetendens is vir hierdie seisoen. Geometrie is ’n prominente motief en die blokhakskoen het ook die aandag getrek.

Krale- en borduurwerk word geïnspireer deur blommotiewe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tossels en valle is ook hoogmode.

Kubaanse invloede met traditionele patrone, geborduurde motiewe en warm kleurskakerings.

Oopskouer-toppies is ’n moet-hê-item hierdie seisoen, en saam met ’n paar vloot-geïnspireerde espadrilles-sandale is dit die perfekte kombinasie vir ’n gemaklike, steeds stylvolle, uitrusting.

Deel
Gepubliseer deur
Daniela du Toit

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

4 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.