kategorieë: WenkeMode

Sorg so vir jou wol-items

Wol is ’n delikate, natuurlike vesel wat ons koel hou in die lang somerdae en warm tydens koue wintersmaande. Van die mees vooraanstaande name in die modewêreld gebruik wol al vir jare en is gaande oor die vesel. Vivienne Westwood sê ook dat wol ’n volhoubare materiaal in die hedendaagse wêreld is, waar klimaatsverandering ’n realiteit geword het. Sy glo ook sterk dat wol ’n luukse materiaal is en dat wol se status as gevolg daarvan sal vermeerder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Verbruikers wil al hoe minder kunsmatige materiale koop en luuksheid sal in die tradisionele natuurlike vesels gevind word. Wol behou sy vorm beter as sintetiese stowwe aangesien dit natuurlik is, asook langdurend.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sien so om na jou wol-items vir langdurige dra-genot

  • Borsel die kledingstuk in die lengte af nadat dit gedra is om oppervlakkige vuilplekkies te verwyder. Hierdie vuil merke kan later vlekke word. Stof en vuil merke kan die voorkoms van eersterangse stowwe verdof.
  • Geweefde kledingstukke moet altyd aan gevormde of gekussingde hangers gehang word. Vou die items versigtig en berg in laaie.
  • Laat merino wol-items vir 24 uur rus voor jy dit weer dra. Dit gee die natuurlike elastisiteit terug aan die wol.
  • Kledingstukke kan verfris word na jy dit uitgepak of aangehad het deur dit in ’n kamer wat gevul is met stoom, te hang. Die vog van die stoom sal al die kreukels verwyder.
  • Die meeste wol-items verg nie enige strykwerk nie, maar baie gladde stowwe se voorkoms kan verbeter deur dit ’n ligte stryk te gee. Gebruik altyd stoom wanneer jy die items stryk.
  • Plaas jou strykyster op die wolstelling en moet onder geen omstandighede die item stryk as dit heeltemal droog is nie.

Bewaring van klere met wol

  • Voordat jy jou wol-items bêre of was, maak seker al die sakke is leeg en verwyder bykomstighede wat versagting en uitbolling kan veroorsaak.
  • Stoor met toegemaakte ritssluiters en knope.
  • Aangesien kosvlekke en liggaamsolies motte lok, moet jou wol-items deeglik skoon wees voordat dit in lugdigte sakke of houers gebêre word.
  • Gebruik ’n Woolmark-goedgekeurde mot-afweermiddel en moet dit nie te naby aan die kledingstuk plaas nie.

Die inligting is verskaf deur Cape Wools SA

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

20 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.