- Braai 4 fyn gekapte wortels, 4 fyn gekapte uie, 4 fyn gekapte selderystokkies en 4 lourierblare oor matige tot
hoë hitte tot goudbruin en sag. - Voeg 2 kg maalvleis bietjies-bietjies by en braai goudbruin.
- Voeg 2 x 400 g-blikke heel, geskilde tamaties, gekap, by die mengsel en bring tot kookpunt.
- Gooi ook 45 ml (3 e) tamatiepasta en 250 ml (1 k) rooiwyn by en laat prut vir 30 min. Geur met sout en peper.
- Sit die helfte van die maalvleismengsel saam met gaar spaghetti en gerasperde parmesaankaas voor.
- Hou die res van die maalvleis in die yskas vir nog ’n ete.
