kategorieë: KosMaklik en vinnig

Spek-en-sampioen-pasta

Spek-en-sampioen-pasta

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Genoeg vir 4.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • 125 ml (½ k) gedroogde porcini- of sjiitake-sampioene
  • 15 ml (1 e) olyfolie
  • 250 g (1 pak) blokkiesspek
  • 2 uie, gesny
  • 2 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap
  • sout en gemaalde swartpeper
  • 250 g (1 pak) portobellinisampioene, gesny
  • 400 g engelhaarpasta
  • 120 g (1 pak) gemengde, eksotiese sampioene soos enoki, sjiitake en porcini
  • 60 ml (¼ k) koue botter
  • 60 ml (¼ k) gerasperde parmesaan
  • crème fraîche vir opdiening (opsioneel)
  • hand vol pietersielie, gekap

Metode

  1. Maak ’n groot kastrol drie kwart vol water en geur met ’n knypie sout. Bring tot kookpunt.
  2. Bedek die gedroogde sampioene met genoeg kookwater (sowat ’n ½ k) en laat staan vir 5 min. tot sag.
  3. Verhit solank die olie in ’n groot pan oor hoë hitte en braai die spek, uie, knoffel en portobellini-sampioene tot goudkleurig en gaar. Geur na smaak.
  4. Voeg die pasta by die kookwater en kook volgens die aanwysings op die pak.
  5. Dreineer die geweekte sampioene (hou die geurige sampioenwater), kap ruweg en voeg saam met die eksotiese sampioene by die spek-en-uie-mengsel. Gooi die sampioenwater by en kook af tot dit met die helfte verminder het.
  6. Dreineer die pasta en roer die sampioenmengsel, botter en parmesaan deur.
  7. Sit voor met ’n skeppie crème fraîche en pietersielie.

#rrWenk: Meng ’n ¼ k crème fraîche deur die pasta as jy van ’n romeriger sous hou. Kry al die bestanddele gereed voor jy begin. Braai die sampioene en spek terwyl die pasta kook en roer dan net deur die warm pasta.

Lees ook:

Hoenderlewertjiepasta

Spek-en-eier-pasta

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.