Staatmaker-viskoekies

Genoeg vir 8 viskoekies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Viskoekies:

  • 500 g gevriesde stokvis
  • olyfolie om mee te braai en oor te sprinkel
  • 3 snye witbrood, korsies verwyder
  • 1 eier
  • 15 ml (1 e) soetrissiesous
  • 30 ml (2 e) mayonnaise
  • 30 ml (2 e) Dijon-mosterd
  • 1 sprietui, gekap
  • fyn gerasperde skil en sap van ½ suurlemoen
  • hand vol koljanderblare, gekap
  • sout en gemaalde swartpeper

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Metode

Tartaarse sous:

Meng 125 ml (½ k) goeie mayonnaise met 1 fyn gekapte knoffelhuisie, 1 fyn gekapte ansjovisfilet, 30 ml (2 e) gekapte jalapeño-rissie, 30 ml (2 e) gesnyde kappertjiesaad, ’n hand vol gekapte grasuie ’n hand vol gesnyde Italiaanse pietersielie en ½ rooi ui, gekap.

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Sit die stokvisfilette op ’n bakplaat, sprinkel olyfolie oor en geur na smaak. Bak vir 20 min. tot gaar.
  2. Krummel die brood en meng met die eier, soetrissiesous, mayonnaise, mosterd, sprietuie, suurlemoenskil en -sap en koljanderblare. Vlok die vis by en geur na smaak. Bedek jou hande goed met meel en rol in 8 ewe groot viskoekies.
  3. Verhit 30 ml (2 e) olyfolie in ’n groot pan oor matige tot hoë hitte en braai die viskoekies vir 3 min. aan elke kant daarin tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier.
  4. Sit die viskoekies voor met die Tartaarse sous, gebakte tjips, baba-kruieblare en lemmetjiewiggies.
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

23 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.