Stadig geroosterde tamaties
Ingredients
- 1 kg roma-tamaties, middeldeur gesny
- 4 knoffelhuisies, gekneus
- 15 ml (1 e) suurlemoenskil
- 30 ml (2 e) olyfolie
- sout en gemaalde swartpeper
Instructions
Voorverhit die oond tot 160 °C.
1 Meng die tamaties, knoffel, suurlemoenskil, olie, sout en peper goed in ’n bak.
2 Pak die tamaties snykant na bo op ’n draadrak in ’n bakplaat en bak vir sowat ’n uur tot die tamaties lekker sag en gekaramelliseer is.
Rooi Rose
