kategorieë: KosJy kan

Stap vir stap soetgoed

Jy kan stokkielekkers maak

Spuit ’n 10 cm- ronde koekiedrukker met kleefwerende kossproei en sit op die voorbereide bakplaat. Gooi die warm karamel in die vorm. Laat staan vir ’n paar sekondes. Verwyder die vorm en druk die stokkie in die warm stroop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maak jou eie aarbei-stokkielekkers. Klik hier vir die resep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jy kan suiker kook

1 Die regte manier om ’n suikertermometer te gebruik is om dit in ’n klein kastrol met koue water te sit en dan stadig tot kookpunt te verhit. Jy kan dus toets of die termometer akkuraat is. Sodra die stroop kook, kan jy die suikertermometer daarin sit. Wanneer die stroop die verlangde temperatuur bereik het, kan jy die suikertermometer in die kastrol terugsit. Skakel die plaat af en laat die termometer in die water afkoel.

2 Indien jy nie ’n suikertermometer het nie, kan jy die verskillende stadiums op dié manier toets. Wanneer jy dink die suikerstroop het die regte stadium bereik, moet jy die kastrol van die hitte haal sodat dit nie aanhou kook nie. Skep ’n klein bietjie van die stroop in ’n glas koue water sodra dit ophou borrel het. Die stroop sal set sodra dit in die water beland. Haal uit, voel daaraan met jou vingers en proe ’n stukkie. Indien jy besluit die toffie moet harder wees en ’n ryker karamelsmaak hê, moet dit langer kook.

Maak jou eie pistasieneut-en-bosbessie-nougat. Klik hier vir die resep.

Jy kan gelatien gebruik

1 Poeiergelatien moet in water gespons word voor jy dit gebruik. Jy kan ook gelatien-“blare” gebruik (verkrygbaar by supermarkte). Elke velletjie gelatien is gelykstaande aan 2 g poeiergelatien. Gelatienblare moet vir ’n paar minute in koue water geweek word. Daarna moet jy dit dreineer en kan dit net so in ’n warm mengsel gesmelt word. Die gesponste gelatien moet gesmelt word voor jy dit kan gebruik. Smelt dit oor warm water of vir ’n paar sekondes in die mikrogolf op die ontvriesstelling.

2 Hou die gelatien ’n entjie bokant die bak wanneer jy dit by ’n warm mengsel voeg en klits deurentyd. As jy gesmelte gelatien by ’n koue mengsel voeg, sal dit onmiddellik set en klonte vorm.

Maak jou eie Turkse lekkers. Klik hier vir die resep.

Jy kan tuilles maak

1 Verkil die mengsel in die yskas sodat dit set en maklik smeer. Smeer die tuille-beslag oor die asetaat-stensil. Lig die stensil op. Moenie te veel tuilles op ’n slag bak nie – hulle sal hard word voor jy hulle kan vorm.

2 Vorm die skoenlapper-tuilles in ’n stuk karton wat soos ’n konsertina gevou is sodat die “vlerke” van die skoenlapper in die lug kan staan. Die blommetjies kan oor klein hittebestande bakkies gevorm word. Verwyder sodra die tuilles hard is en stoor in ’n lugdigte houer.

Maak jou eie tuilles. Klik hier vir die resep.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

15 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.