kategorieë: Dra dit soMode

Steel Gigi Hadid se styl

Die oudste van die Hadid-susters het sommer vinnig die modewêreld se liefling geword met haar Kaliforniese styl en positiewe uitkyk op die lewe. As een van die ambassadeurs van Tommy Hilfiger, word haar styl as “confident, effortless and cool” beskryf en dit is duidelik te sien in ons hooffoto waar sy met een van Hilfiger se baadjies pronk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Gigi weet net hoe om haar kurwes vleiend te laat voorkom en die regte dele te beklemtoon – of dit nou in ’n kort hempie en denim is, of ’n maksiromp met stewels. Sy maak ’n indruk deur haar moeitelose styl met ’n tikkie andersheid en is bekend vir haar ontspanne sjiek-voorkoms. Sy bewys dat ’n eenvoudige t-hemp en denim aandag kan trek met die regte baadjie of bykomstighede. Sy word dikwels met eksotiese sonbrille saam met gemaklike uitrustings gesien. Boonop kan sy ’n sportiewe voorkoms laat lyk of dit van die loopplank af kom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Gigi se styl bewys dat jy in enigiets gemaklik kan voel – as die hempie te kort is, dra ’n oorgrootte baadjie daarby of verbloem ongewenste kurwes met ’n lang jas. Trek aandag na jou beste bates met bykomstighede of ’n slim snit. Een van Gigi se staatmakers is die basketbalbaadjies, waarin sy menigte kere met verskeie uitrustings gesien word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Het jy geweet?

Die basketbalbaadjie, eens bekend as ’n universiteitsbaadjie, het sy debuutverskyning in die 1960’s gemaak toe Universiteite soos Harvard se sportspanne hierdie sportbaadjiestyl begin dra het. Later het toeskouers ter ondersteuning soortgelyke baadjies aangehad en van daar het dit ontwikkel na wat vandag ’n kenmerkende modestyl is. Deur die jare is hierdie baadjie herontwerp met verskeie inspirasies, maar die kenmerkende bonkige snit word behou. Met die oorgrote snitte wat nou weer kopuitsteek by vrouemodes, kan jy gerus weer begin om hierdie baadjie voor in jou kas laat hang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Verpersoonlik jou styl

Moderniseer Gigi se styl deur pittige borduur- of appliekwerk op te sit wat jou item eiesoortig maak. Blom- en dierpatrone is hierdie jaar weer volop op die loopplanke en jy kan ontwerper op jou eie baadjie speel deur selfuitgesoekte pronkpleistertjies aan te werk.

Hierdie baadjie werk die beste wanneer dit as ’n fokusitem gedra word saam met ander eenvoudiger/effekleurige items – soos Gigi wat swart van kop tot tone dra.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

9 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.