kategorieë: Dekor

Stoorplek vir klein spasies

1 Kantoorgoeters

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Voel jy ook soms daar is geen orde in jou kantoor nie?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maak ’n hangsak soos hierdie een en stoor al jou kantoorgoed. Jy kan selfs jou tydskrifte in die groot sak stoor. So word alles goed georganiseer en is dit maklik om te vind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2 Skoentassie

’n Paar antieksjiek (vintage) skoene? Of is jy dalk net trots op jou skoenversameling en wil jy dit nie wegsteek nie? Gebruik hierdie idee om jou skoene in rye te vertoon, bo-op jou hangkas. ’n Ou koffer word omskep in ’n hangplek vir sandale.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Doen dit so: Monteer twee stewige houtpale in die koffer, sodat die skoene se hakke daaroor kan haak.

3 Trapsuutjies

As jy trappe in jou huis het, maak gebruik van die ruimte onder die trappe. Plaas ’n kas onder die trappe en stoor jou goed daarin. Jy kan ook jou televisie daarin wegsteek (wat nie altyd estetiese waarde heg aan jou huis se dekor nie). Kussings kan gestapel word op die onderste rak en onthou: jy kan selfs ’n paar stoorbokse bo-op die kas sit.

Die gebruik van houtboksies is ideaal vir ’n klein plekkie. Indien jy kinders het, werk hierdie idee ook goed. Jy kan ook boksies kry wat onder jou bed inpas, wat dan as ‘laaie’ onder jou bed gebruik kan word.


4 Hangplek

’n Hangplek vir jou handsakke, kamera, baadjies, hoedens, serpe en vele meer. Gebruik ’n houtplank met ’n paar haakplekke. Jy kan ’n ou houtplankie gebruik en jou eie haakplekke daaraan vasmaak. Indien jy nie indraaihoeke wil gebruik nie, maak vier knophandvatsels daaraan vas (wat jy gewoonlik vir ’n kasdeur sou gebruik).

5 Kas-kelder

’n Oulike idee om jou gunstelingwyne in te stoor. Gebruik ’n kas met die regte grootte laaie om een bottel per laai te stoor. Wanneer gaste kom kuier, trek die laaie op verskillende lengtes uit en so kan jy verskillende wyne wys waarvan hulle kan kies.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

3 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.