kategorieë: DekorLeefstyl

Swart is die nuwe swart

Swart is die nuwe swart Deur Cornel Dunn. Hooffoto Istock.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wanneer dit by binnenshuise versiering kom, was swart altyd die Aspoestertjie – dalk omdat ons dink swart dekor is donker en depressief. Dit is nie waar nie. Die werklikheid is dat ’n bietjie swart belangrik is in elke vertrek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Swart as aksent

Dit is belangrik dat elke vertrek met ’n bietjie swart spog. Dit bied ’n fokuspunt waar die oog kan rus. Die gebruik van te veel ligte kleure kan die vertrek ’n drywende gevoel gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit is nie nodig om oorweldigende swart elemente te hê nie. ’n Paar swart fotorame, ’n swart koffietafel, swart vloerlyste of detail van ’n swart strooikussing is genoeg. Herhaling van die swart elemente skep ’n geheel.

Swart is veral doeltreffend as jy verskillende elemente wil kombineer. As jy ’n galery van kunswerke en foto’s in verskillende kleure wil monteer, sal eenvoudige swart rame alles perfek kombineer.

Reëls

  • As jy met swart versier, gebruik klein, groot en middelslag patrone in swart-en-wit. Kombineer dit met enkele swart-en-wit kussings om diepte te gee.
  • As jy ’n muur swart verf, heg ’n kroonlys aan om die muur diepte te gee.
  • Gebruik ’n aksentkleur as jou vertrek oorwegend swart is. ’n Spatsel skelpienk of oranje vir opwinding. Kies goud en silwer vir ’n spoggerige voorkoms.

Swart is die nuwe swart

  1. Autovia-spieël (R2 495) Block & Chisel
  2. Dark matters-strooikussing (R285) Knus
  3. Dark matters-strooikussing (R285) Knus
  4. Live 160 TV-kabinet (R1 995) Takealot
  5. Metaal-boekrak (R3 000) Mr Price Home
  6. Metaal-lamp (R299.99) Mr Price Home
  7. Strooikussing (R159.99) Mr Price Home
  8. Swart Giraffe-lamp (R2 995) Weylandts
  9. Handgeweefde Sumak-mat (R4 995) Weylandts
  10. Wilma-stoel (R6 995) Block & Chisel
  11. Tetsubin-teepot (R899) @Home
  12. Varing in swart pot (R499) @Home

Verskaffers

Block & Chisel | Blockandchisel.co.za

Mr Price Home | mrpricehome.co.za

Knus | Knus.co

Takealot | Takealot.com

@Home | home.co.za

Weylandts | weylandts.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

5 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

8 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

9 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

9 hours Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

10 hours Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

11 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.