kategorieë: Leef gesondGesondheid

Tekens van harsingskudding wat elke ma moet ken

Tekens van harsingskudding wat elke ma moet ken. Deur Salomé Delport.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hie’ kommie Bokke!

As daar een ding is wat jy kan doen vir daardie Springbokkie in jou huis wat oor die volgende wêreldbeker droom, is dit om seker te maak hy doen nie harsingskudding op die skoolsportveld op nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hier is die tekens dat jou kind meer as net ’n stampie teen die kop weg het:

  • Hy lê doodstil ná ’n harde hou of laagvat.
  • Hy staar, asof hy niks sien en inneem nie, en lyk afwesig.
  • Hy is verward. (Vra ’n paar eenvoudige vrae, soos waar hy is, en kyk of hy toepaslik antwoord.)
  • Hy staan lomp op, is van balans af, loop strompelend en/of beweeg stadig.
  • Hy gooi op.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tekens wat ná die wedstryd kan kop uitsteek:

  • Hy het erge hoofpyn.
  • Hy is ongewoon slaperig.
  • Hy voel duiselig of dronk in sy kop, en sukkel met balans.
  • Hy voel drukking in sy kop.
  • Hy kry ’n epileptiese aanval of ’n toeval.
  • Hy het dubbelvisie.
  • Hy is hipersensitief vir lig en/of geraas.
  • Hy voel dof, sukkel om te konsentreer en is vergeetagtig.
  • Hy is emosioneel – angstig, huilerig of geïrriteerd en gou kwaad.
  • Hy bly moeg en voel asof iets skort.

– Bron: Boksmart

Indien jy hierdie simptome opmerk, maak so gou moontlik kontak met jou dokter of mediese praktisyn vir hulp.

Lees nog: Wat om te doen met disleksie

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

20 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

23 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

23 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

24 hours Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.