kategorieë: Leef gesondGesondheid

Hoe weet jy jy het nierskade?

Hoe weet jy jy het nierskade?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die eerste tekens van nierskade is baie subtiel, want selfs net een nier kan meer doen as wat jy nodig het. Dus kom jy nie agter dat jou niere agteruit gaan nie, selfs al het jy ’n hele nier verloor of al werk albei op 10% van hul kapasiteit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dus: hoe meer jy van jou niere weet, hoe beter.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Motorneuronsiekte: 5 vroeë simptome om raak te sien

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Toets  jou kennis oor jou niere

1. Hoe groot is ’n nier?

So groot soos:

  • a) Jou oog
  • b) Jou vuis
  • c) Jou kop

2. Waar sit jou niere?

  • a) Net links en regs van jou naeltjie
  • b) Op jou sye, aan die voorkant
  • c) Aan jou rugkant, net onder jou ribbekas

3. Wat doen jou niere?

  • a) Reinig jou bloed van afval
  • b) Beheer jou bloeddruk
  • c) Albei

4. Gesonde niere help keer osteoporose:

  • a) Waar
  • b) Vals

5. Jy sal pyn ervaar of siek voel as jy nierskade opdoen:

  • a) Waar
  • b) Vals

6. Watter van die volgende help jou niere gesond bly?

  • a) Jy misbruik nie pynpille nie
  • b) Jy hou jou bloeddruk dop en gebruik medikasie as dit hoog is
  • c) Jy drink genoeg water
  • d) Jy oefen gereeld.

7. Hoe raak jy ontslae van ’n niersteen?

  • a) Deur jou urine
  • b) Deur jou dikderm

Antwoorde

  1. So groot soos jou vuis.
  2. Aan jou rugkant, net onder jou ribbekas. As jy nierpyn het sal jy dit hier voel.
  3. Albei. Sonder niere oorleef jy nie lank nie.
  4. Waar. Jou niere skakel vitamien D om in die aktiewe vorm wat help dat kalsium in jou bene ingebou kan word.
  5. Vals. Ongelukkig is nierskade ‘n stil siekte, tot jy reeds baie skade opgedoen het. Dit kan enige een aantas, van kinders tot bejaardes
  6. Elkeen hiervan hou jou niere gesond.
  7. Deur jou uriene. Jou niere is verbind aan net jou are en jou blaas, nie aan jou dikderm nie. Dit is ‘n mite dat allerhande konkoksies nierstene deur die dikderm laat afkom.

Lees ook: Ken ’n vis-allergie uit: Ses tekens van ’n allergiese reaksie op seekos én grondbone

Sewe tekens van nierskade

Laat jou nierfunksie toets as jy enige van die volgende ervaar:

  • Jou urine is meestal baie donker
  • Jou hande, voete en enkels is gewoonlik geswel
  • Jou vel jeuk voortdurend, sonder duidelike rede
  • Jou bloeddruk is hoog en medikasie kry dit nie onder beheer nie
  • Jy verloor gewig en is nie honger nie; jy voel naar as jy eet
  • Jy kry dikwels spierkrampe
  • Jy is kortasem maar het nie asma nie

Lees ook: 6 slaapprobleme, 6 oplossings

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

21 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.