kategorieë: Nuut & NouKos

UberEATS: elke “foodie” se droom

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Johannesburgers sal bly wees om te hoor dat Uber dié week ’n nuwe affiliasie, UberEATS, in hul midde geloods het. Dié innoverende kos aflewering-sisteem is die jongste in die digitale wêreld, danksy ’n toep wat jou van ’n smullekker ete in ’n japtrap verseker.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Soortgelyk aan die Uber-dienste, is UberEATS op die prinsiep gebaseer dat kliënte via die toep, ’n bestelling by hul gunstelingrestaurant in die omgewing kan plaas. ’n Betroubare Uber-drywer sal dan dié bestelling  namens jou ontvang en by jou aflewer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

So ook kan kliënte hul Uber-drywer, asook die betrokke restaurant, na gelang van hul dienslewering op die toep evalueer. Van die restaurante wat van die UberEATS-dienste gebruik maak is, Casalottis, Momo Baohaus, Krunch, Fishmonger en Paul’s Homemade Ice Cream.

Wat jy moet weet:

• Die UberEATS-toep kan op jou slimfoon se toepwinkel afgelaai word, asook via die bestaande Uber-toep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Aflewering van etes kan van 07:00 tot 22:00 via dié toep, in die Noord-Johannesburgse area bestel word.

• Jy kan sewe dae ’n week van dié dienste gebruik maak.

• Afleweringskostes beloop R20.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp
Tags: foodie

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

20 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.