Genoeg vir 6
Bestanddele
- 375 ml (1½ k) broodkrummels
- 30 ml olyfolie
- 1 ui, fyngekap
- 2 selderystingels, fyngekap
- 125 ml (½ k) gekapte pietersielie, tiemie en salie
- 6 varkneksteaks
- 60 ml (4 e) botter
- 10 ml (2 t) olyfolie
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Rooster die broodkrummels vir sowat 7 min. op ’n bakplaat tot goudkleurig.
- Braai die ui en seldery in die verhitte olyfolie in ’n braaipan tot sag en deurskynend.Skep in ’n mengbak en voeg die broodkrummels by.
- Voeg die gekapte kruie by en meng deur. Geur met sout en peper.
- Sny ’n gleuf in elke varkneksteak en vul met sowat 30 ml (2 e) kruievulsel. Steek met ’n sosatiestokkie toe.
- Smelt die botter en olyfolie in ’n verhitte braaipan. Braai die varkneksteaks tot goudbruin alkant.
- Verlaag die hitte en braai tot deurgaar. Skep deurgaans van die botter oor die steaks.
- Sit voor met sagte polenta of kapokaartappels.
