kategorieë: DieetGesondheid

Lesse geleer en uitdagings van vas as leefstyl

Lesse geleer en uitdagings van vas as leefstyl deur Salomé Delport.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hierdie is artikel 13 in ’n reeks van 14 waar Salomé dagboek hou van haar vas-ervaring PLUS bykomende inligting verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees die artikel op bl. 60 in die September 2018-uitgawe en volg ons daaglikse artikels om meer uit te vind.

Week 4, Dag 7

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lesse geleer en uitdagings van ‘n vas

Van die dinge wat ek nou weet is:

  1. Dit is nie so moeilik om te vas nie. Hongerte is nie regtig deel daarvan nie.
  2. Dit pla nie so dat dit my verhinder om te fokus, te werk en te oefen nie.
  3. As jy jou vas vroeg om een of ander rede breek is dit nie doodsake nie. Hervat maar net jou patroon. En as jy in die aand ‘n bietjie later geëet het, breek jou vas maar net sestien uur later. Hervat jou patroon deur aandete op die gewone tyd te eet.
  4. Besluit oor hoe lank jy wil vas. Begin liewer stadig. Ek self vind dit maklik om langer te vas. Ek mik om geleidelik oor te skakel na ‘n 18/6 vas – al doen ek dit dan ook net twee, drie dae per week.
  5. Die uitdaging vir my bly steeds om minder stysels – eintlik minder in die geheel – te eet.
  6. Nog ‘n uitdaging om aan te werk is genoeg oefening, veral vastende oefening as ek wil gewig verloor.

Oor na jou – vir oulaas

Wat is die twee grootste uitdagings van die vasdieet vir jou? En jou twee beste wenke vir iemand wat wil begin vas?

Groete en gegroet! Salomé

Lees ook

Nota

As jy ‘n diabeet is of dink dat jy dalk insulienweerstandig is of metaboliese sindroom het, al met anoreksie of bulimie gediagnoseer was of aan enige ander chroniese siekte ly, of lewer- of nierprobleme het moet jy liewer met jou dokter gesels voor jy enige vorm van vasting aanpak. Die vasdieet is ook nie geskik vir kinders, swanger vroue en bejaardes nie.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

1 day Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.