Foto’s: Getty Images
Die Oscar-toekennings is die grootste aand op die Hollywood-kalender, en lewer altyd van die beste rooitapyt-modes van die seisoen. Hierdie jaar was geen uitsondering nie.
Van romantiese balletcore-rokke tot dramatiese vere en opvallende blom-borduurwerk, die sterre het vanjaar weg van veilige minimalistiese style beweeg en eerder tekstuur, beweging en sterk silhoeëtte gekies.
Hier is die ses grootste neigings wat die mode-kollig gesteel het:
Vere oral
Vere het vanjaar vir drama en beweging op die rooitapyt gesorg. Hierdie speelse tekstuur gee rokke onmiddellik ‘n dinamiese gevoel.
- Demi Moore (Foto: REUTERS/Daniel Cole)
- Nicole Kidman (Foto: REUTERS/Caroline Brehman)
- Teyana Taylor (Foto: REUTERS/Daniel Cole)
Balletcore
Die Ballet-geïnspireerde voorkoms was oral. Ligte lae van delikate materiale soos tule in sagte pastelle het ’n romantiese elegansie geskep.
- Chase Infiniti (Foto: REUTERS/Daniel Cole)
- Elle Fanning (Foto: REUTERS/Caroline Brehman)
Strukturele silhoeëtte
Baie sterre het weg van eenvoudige, reguit rokke beweeg en eerder sterk, argitektoniese silhoeëtte gekies. Korset-bolywe en dramatiese vorms het ’n moderne, modebewuste gevoel geskep.
- Barbie Ferreira (Foto: REUTERS/Caroline Brehman)
- Kate Hudson (Foto: REUTERS/Daniel Cole)
Wolkwit-elegansie
Met Pantone se kleur van die jaar, Cloud Dancer, ’n sagte wit, wat duidelik steeds as inspirasie vir stiliste dien, het talle sterre in romerige skakerings van wit opgedaag.
- Emma Stone (Foto: REUTERS/Daniel Cole)
- Gwyneth Paltrow (Foto: REUTERS/Caroline Brehman)
Blom-borduurwerk
Delikate blom-borduurwerk het rokke soos klere-kunswerke laat lyk en ’n romantiese, couture-gevoel by baie voorkomste gevoeg, Dit was beslis een van die mooiste detailneigings van die aand.
- Rose Byrne (Foto: REUTERS/Daniel Cole)
- Anne Hathaway (Foto: REUTERS/Daniel Cole)
Vurige rooi
Waar pastelle gewoonlik oorheers, het vanjaar se rooitapyt ook ’n oplewing van vurige rooi gesien. Is rooi die nuwe swart?
- Jessie Buckley (Foto: REUTERS/Mario Anzuoni)
- Renate Reinsve (Foto: REUTERS/Daniel Cole)
Lees ook: kykNET kraai koning by die Saftas













