kategorieë: Leefstyl

Verfkleure vir 2017

Pantone – Greenery

Hierdie kleur is so gepas vir binne- en buite jou huis. Binne kan dit op enige manier denkbaar gebruik word – op beddegoed, lap, gordyne, potte, panne, kussings, keramiek en vele meer. Wees net versigtig om die kleur nie te veel te herhaal nie. Dit is ’n baie sterk kleur en kan maklik die hele kleurskema van die huis oorneem. Kies ’n plek in jou huis waar jy dit wil gebruik (moenie elke vertrek groen maak nie). Buite is dit maklik – gebruik plante wat hierdie grasgroen kleur is, in wit potte. Dit maak dat die plant se kleur meer na vore kom. Selfs ’n oulike groen tafel en -yshouer vir jou stoep kan op hierdie manier geïnkorporeer word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

PLASCON – In the mood

In The Mood is ’n kleur van rustigheid. Dit is ’n neutrale kleur met ’n sagte, ligpienk basis. Ligte hout is komplimentêr aan hierdie Plascon-kleur. Dit is ook ’n kleur wat saam met enige ander kleur kan ooreenstem. Ligte, pastel kleure is natuurlik die beste hiervoor. Maak seker dat, wanneer jy beddegoed in hierdie kleur gebruik, jy die muur ’n ligter skakering verf. Of selfs wit: so kan jy dekoratiewe elemente in die kamer bring wat dieselfde kleur is as die beddegoed.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

DULUX – Steel Symphony 2

Hierdie grys-blou kleur van Dulux is geskik vir enige vertrek in die huis. Dit is koel wanneer dit saam met ligte kleure en selfs wit gebruik word, maar ook warm vir die winter. Gebruik dit saam met brons elemente.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Heleen van Gent van Dulux se Global Aesthetics Centre sê oor die kleur: “Steel Symphony 2 is a wonderfully diverse foundation for the 2017 colour palette, which tells the story of our ‘life in a new light’ trend through its vast range of tones and colours. With blue set to dominate the interior trend agenda for 2017, Steel Symphony 2 does a fantastic job by representing the times we live in, designers love it and so do we.”

Deel
Gepubliseer deur
Greta Gericke

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

5 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.