Novus Media is op soek na dinamiese, selfgedrewe vryskutverkoopsagente om by ons span aan te sluit en te help bou aan die sukses van rooi rose, Suid-Afrika se voorste vrouetydskrif.
Wat ons soek:
Ons benodig ‘n individu wat:
- ‘n Bestande, aktiewe kliënteportefeulje in die mediabedryf het.
- ‘n Bewese verkoopsrekord in druk- of digitale media kan toon.
- Uitstekende kommunikasie- en onderhandelingsvaardighede het.
- Selfstandig en georganiseerd kan werk.
- Passievol is oor die rooi rose-handelsmerk en die teikenmark.
- ‘n Deeglike begrip van die Suid-Afrikaanse advertensie- en mediabedryf het.
Wat ons bied:
- Aantreklike kommissiestruktuur wat jou toelaat om jou eie inkomste te bepaal.
- Buigsame werksure wat by jou leefstyl pas.
- Die geleentheid om vir ‘n ikoon in die Suid-Afrikaanse tydskrifbedryf te werk.
- Ondersteuning van ‘n dinamiese span by Novus Media.
Stuur jou CV en ‘n kort opsomming van jou kliëntebasis na [email protected]
Begin vandag jou nuwe hoofstuk met rooi rose en Novus Media!
Lees ook: 10 redes waarom jy rooi rose se Julie-uitgawe móét lees!