kategorieë: Dekor

Versier jou huis feestelik!

Kyk wat kan jy doen met wasgoedpennetjies! Gebruik materiaal, papier en houtvoëltjies om die pennetjies te versier. Die pennetjies helder ’n vaal pakkie op. Wenk: Plak die papier en materiaal sommer met Prit. Die houtvoëltjies (en ander bykomstighede) kan by enige kunswinkel gekoop word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Benodighede: Papiersakkies, materiaal, kleurpapier, pennetjies en ander bykomstighede.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

Knip materiaal-Kersbome uit en plak dit op die bruin sakkies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }


Volg hierdie stap-vir-stap prosedure en maak ou, geroesde blikkies mooi. Wenk: Jy kan hierdie blikkies gebruik om lekkergoed te verpak vir kinders se gekenkies. Of plant ’n mooi plantjie daarin en gee dit vir ’n vriendin.

1. Gebruik ou kosblikkies. Plaas dit in warm water, sodat die papier plakker nat word. Dan is dit maklik om dit af te haal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Neem ’n hammer en kap die blikkie

Dan lyk dit so:

3. Gebruik nou verf om dit mooi te maak. Ek het hier Colour chalkboard paint gebruik.

Jou finale produk lyk dan so:


Sny skapie-figure uit (wenk: gebruik dik karton), en draai wol of kant om hul magies.

Hierdie skapie kan jy maak met vilt en enige dikkerige wol.

Gebruik spykers en hout om ’n ster te vorm. Kap die spykers in die vorm soos op die foto, en draai wol of lint om al die spykers.

Hierdie Eko-Kersbome wat ook in ons Desember-uitgawe gebruik is, is nou te koop!

’n Omgewingsvriendelike boom wat van ou hout gemaak is. Jy kan dit versier met blomme, vetplante, kerse, skapies, wol, ens. Neem dit ook na jou strandhuis vir die Feesseisoen.

Die gaatjies-bord boompies is tog te oulik en word ook deur Eko-Kersfees gemaak. Jy versamel jou eie pakkie wat die volgende insluit – ’n voetstuk, 2 boompies en 2 skapies.

Kontakbesonderhede: 084 602 5594 / erna.gericke@gmail.com

Green Elephant Collective bied die volgende versierings aan:

Gehekelde sterre

Gehekelde hartjies

Gehekelde swaeltjies

Gevoude boekversierings

Kontakbesonderhede: 082 940 9200


Lovilee het weer oulike plakkers vir jou pakkies

Kontakbesonderhede: www.lovilee.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

9 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.