Bestanddele
Garnale
- 500 g garnale, skoongemaak en koppe verwyder
- 5 ml borrie
- 15 ml lemmetjiesap
- 30 ml olyfolie vir braai
Sous
- 30 ml olyfolie
- 5 ml swart mosterdsaadjies
- 5 ml komynsaadjies
- 5-6 kerrieblare
- 5 ml fyn gekapte knoffel
- 5 ml vars, gerasperde gemmer
- 1 groen brandrissie, wit pitjies uitgehaal en fyn gekap
- 1 ui, fyn gekap
- 1 x 410 g-blik heel geskilde tamaties
- 30 ml strooisuiker
- uitgedrukte sap van 1 lemmetjie
- 1 x 400 g-blik klappermelk
- vars koljander
Metode
- Marineer die garnale met die borrie en die lemmetjiesap vir 20 min. in ’n glasbak.
- Braai intussen die mosterd- en komynsaad in die olyfolie. Voeg die kerrieblare, knoffel, gemmer en brandrissies by sodra die saadjies begin spetter en spat
- Verlaag die hitte en voeg die ui by die speserye, braai tot sag.
- Gooi die blik tamaties met sap en suiker by en druk met ’n vurk fyn.
- Gooi die klappermelk by en kook af vir 10 min. tot dit effens begin verdik.
- Trek die sous van die hitte af en hou eenkant.
- Maak die olyfolie in ’n ander pan warm en braai die garnale vir 6-7 min. daarin tot hulle pienk word en gaar is.
- Gooi die garnale by die klappersous en laat oor ’n lae hitte deurwarm word.
- Sit voor met vars koljanderblare, ekstra lemmetjies en die klapperrys (resep onder).
* Resep uit: “Reza’s Indian Spice” deur Reza Mahammad
Klapperrys
- Verhit 30 ml olyfolie in ’n middelslagkastrol met ’n deksel.
- Braai 1 ui, oorlangs in dik skywe gesny, in die olie tot sag.
- Gooi 500 g basmatirys by en roer deur sodat die rys goed met die olie bedek is.
- Gooi 800 ml water, 250 ml klappermelk en ’n groot knypie sout by die rys.
- Laat die water borrel en draai dan die hitte af tot baie laag.
- Sit die deksel op en laat die rys vir 20 min. stoom tot gaar.

