- Braai 1 fyn gekapte ui, 5 ml (1 t) gekapte knoffel, 15 ml (1 e) paprika en 15 ml (1 e) tamatiepasta in 15 ml (1 e) avokado-olie tot geurig. Sprinkel 5 ml (1 t) meel oor en braai vir nog 3-4 min.
- Gooi 1 blik heel, geskilde tamatie, 2 lourierblare en 500 ml (2 k) gaar varkvleisblokkies en 250 ml (1 k) hoenderaftreksel by.
- Laat prut vir 15-20 min. tot dikker en deurwarm.
- Sit met lepels vol suurroom, gekapte pietersielie en gaar skulpiepasta voor.
