Genoeg vir 8.
Bestanddele
- 125 ml (½ k) volgraanbroodkrummels
- 125 ml (½ k) ongegeurde laevet-jogurt
- 1 klein ui, fyn gekap
- 2 knoffelhuisies, fyn gekap
- 500 g volstruismaalvleis
- 100 g (2 ringe) verminderde vet fetakaas, gekrummel
- 5 ml (1 t) mosterd
- gerasperdeskil van 1 suurlemoen
- sout en gemaalde swartpeper
- 15 ml (1 e) olyfolie
Tzatziki
- 125 ml (½ k) ongegeurde, laevet-jogurt gemeng met 1 klein komkommer, gerasper
- 5 ml (1 t) gekapte knoffel, en ’n paar takkies kruisement en dille. Geur met sout.
- 8 lae GI volgraanbroodrolletjies
- 2 tamaties, in skywe gesny
- 1 rooiui, in fyn ringe gesny
- hand vol kruieblare soos roket
Metode
- Week die broodkrummels in die jogurt.
- Verhit 5 ml van die olyfolie in ’n pan en braai die uie en knoffel stadig oormatige hitte.
- Meng die broodkrummels, vleis, feta, mosterd, suurlemoenskil en gebraaide uie.Geur met sout en swartpeper. Vorm palmgrootte burgers sowat 1,5 cm dik en sit vir 15 min. in die yskas.
- Verhit ’n pan. Smeer die burgers met olie en braai aan elkekant tot bruin en gaar. Hou eenkant.
- Bou die burgers: Sit die onderste helfte van ’n rolletjie op ’n bord, pak ’n lagie kruieblare gevolg deur die tamaties, uie, die burger, ’n lepel tzatziki en die ander helfte van die rolletjie.
