Warm niçoise-slaai
Serves: Genoeg vir 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Voeg net sag gekookte baba-aartappels by om die gereg vullend genoeg vir ’n maaltyd te maak. As jy die volle resepmate vir die vinaigrette (slaaisous) volg, sal jy slaaisous vir die volgende keer ook hê. Dis so nuttig om tuisgemaakte slaaisous in die kas te hê dat ek sommer genoeg vir ’n paar weke maak. Gebruik die sous ook as marinade, of oor vis en groente.
- 2 ryp tamaties, in kwarte gesny (vir ’n
- lekker variasie kan jy die tamaties vinnig rooster)
- 200 g swart olywe, ontpit
- 30 ml (2 e) kappertjiesaad (capers)
- hand vol roketblare
- 180 g groenboontjies
- 2 blikkies tunastukke in soutwater, gedreineer
- 4 eiers
- Franse vinaigrette
- 1 knoffelhuisie, fyn gekap
- 5 ml (1 t) mosterd
- 15 ml (1 e) heuning
- 500 ml (2 koppies) avokado-olie
- 250 ml (1 koppie)
- witwynasyn
- 2 ansjovisfilette, fyn gekap
- ’n hand vol gekapte pietersielie
- sout en peper na smaak
Instructions
Slaaisous
1 Meng al die bestanddele in ’n glasbottel met ’n skroefdeksel en skud die sous totdat dit emulsifiseer, of meng met ’n handklitser.
Slaai
2 Voeg die tamaties, olywe, kappertjiesaad en roketblare in ’n middelslag-mengbak.
3 Sny die stingels van die boontjies af , maar behou die punte. Kook die boontjies in vinnig borrelende water tot net sag maar nog krakerig. Gooi van die slaaisous oor die warm bone en meng deur die res van die slaaibestanddele.
4 Meng die tunastukke deur die slaai.
5 Sit die eiers in ’n kastrol kokende water. Kook 6 min. vir sagte eiers wat nie loop nie en 8 min. vir gaar eiers.
6 Dop die eiers af, sny vertikaal middeldeur en pak dit op die slaai uit.
7 Sit voor met ekstra slaaisous en krakerige brood.
Rooi Rose
Lees Meer
Stokvis met ’n krakerige bulgurkors
27/11/2024
Blitsige roomys
21/11/2024
Grondboontjie-en-vark-roerbraai
06/11/2024